Duitsland wil plaaslike argiewe help bewaar
Danksy ’n skenking deur die Duitse kultuurbewaringsprogram kon die Nasionale Argief in Windhoek ’n nuwe mikrofilmskandeermasjien aangeskaf.
Die Duitse ambassade in Windhoek het ’n bedrag van bykans N$248 000 aan die ministerie van onderwys, kuns en kultuur geskenk vir die aankoop van ’n mikrofilmskandeerder, wat by die Nasionale Argiewe van Namibië gebruik sal word.
Met dié toerusting sal dit moontlik wees om materiaal te lees wat op mikrofilm by die nasionale argiewe gestoor is, asook om dit te digitaliseer en sodoende inligting toeganklik vir navorsers en belanghebbers te maak.
“Die nasionale argiewe bewaar die herinneringe van die nasie en is ’n waardevolle bron van inligting. Ons is bly ons kan die instansie steun in hul strewe om historiese dokumente vir Namibiërs toeganklik te maak,” het me. Ellen Gölz, ’n verteenwoordiger van die Duitse ambassade in Windhoek, Woensdag (7 Oktober) tydens die amptelike oorhandiging gesê.
Me. Beauty Matongo, die hoofargivaris by die nasionale argiewe, het gesê: “Die nasionale argiewe bewaar 7 lineêre meter mikrofilm, en een van ons doelwitte is om inligting te verskaf en navorsing te bevorder. Sedert 2012 is hierdie inligtingsbronne egter ontoeganklik weens die gebrek aan terugspeelmasjiene. Om hierdie rede word dié skenking deur die Duitse regering opreg waardeer.”
Die aankoop en die skenking van 'n mikrofilmskandeerder deur die Duitse ambassade het die taak van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en veral die Nasionale Argiewe van Namibië, aansienlik vergemaklik, aangesien dit die gebrek aan hulpbronne takel. Besoekers aan die nasionale argiewe kry nou geleentheid om te lees, asook die digitalisering van materiaal wat op mikrofilm gestoor is, aangesien die inligting nou toeganklik vir die publiek, navorsers en belanghebbers is.
“Die ministerie is dankbaar vir dié gebaar deur die Duitse regering. Hierdeur het hulle gehoor gegee aan een van die belangrikste menseregte, wat vereis dat individue die reg het om toegang tot rekords en inligting te hê,” het Matongo bygevoeg.
Sedert 1981 ondersteun Duitsland die bewaring van kulturele erfenis in ontwikkelende lande en die Duitse kulturele erfenis in die buiteland, as deel van die Kulturele Bewaringsprogram van die Federale Buitelandse Kantoor. As deel van hierdie program het Namibië sedert 1985 tot dusver ongeveer 1 miljoen euro vir die behoud van kulturele erfenis ontvang.
Die nasionale argiewe onderhou die institusionele geskiedenis van regeringsministeries, kantore en agentskappe, versamel en bewaar die land se geskiedenis en ongepubliseerde dokumente, en ondersteun onderwys en navorsing deur toegang tot hierdie bronne te bied. Die instansie is ook verplig om toesig te hou oor en opleiding te gee in rekordbestuur in alle regeringskantore, ministeries en agentskappe, sowel as semiregeringsinstansies.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie