Dundee dra aandele oor aan Greyhorse Mining
Dundee Precious Metals het sy verbintenis tot sy Namibiese aandeelhouers en ekonomiese bemagtiging verstewig.
Catherine Sasman - Die Kanadees-geregistreerde Dundee Precious Metals (DPM) gaan 8 persent van sy eienaarsbelang ter waarde van sowat US$20,2 miljoen in DPM Tsumeb (DPMT) aan Greyhorse Mining Ltd. (GHM) oordra.
Hierdie verkryging word gefinansier deur DPM en GHM sal 'n jaarlikse dividend van US$500 000 ontvang vir die eerste vyf jaar, onderhewig daaraan dat DPMT oor voldoende verdeelbare fondse beskik en GHM die teikens bereik wat gestel is.
Die inligting het aan die lig gekom tydens 'n besoek Donderdag deur 'n afvaardiging van Dundee aan pres. Hage Geingob by Staatshuis.
Dundee het verder bekend gemaak dat hy 2 persent van sy eienaarsbelang in die Tsumeb Smelter aan 'n werknemerstrust gaan oordra wat deur DPMT tot voordeel van sy werknemers gestig gaan word.
Die ooreenkoms tussen DPM en GHM sal na verwagting teen die middel van vanjaar voltrek word. Die struktuur en verdere besonderhede van die werknemerstrust sal ook later bekend gemaak word.
Rick Howes, president van DPM, sê die oordrag van aandele is 'n bewys van die maatskappy se steun aan die Namibiese regering se Nuwe Gelyke Ekonomiese Bemagtigingsraamwerk (NEEEF).
“As 'n leier op die gebied van verantwoordelike korporatiewe bestuur, glo ons die transaksie sal help om die doelstellings van ekonomiese bemagtiging oor 'n breë grondslag, insluitend ons eie werknemers, te bereik,” het Howes gesê. “Die transaksie skep hoop vir voorheen benadeeldes om te deel in die opbrengste en te help om die onderneming te laat groei. Ek is opgewonde oor die feit dat ons werknemers nou nuwe aandeelhouers is en hulle vir hul eie maatskappy gaan werk. Dit sal produktiwiteit verbeter,” het Zebra Kasete, DPMT se visepresident en besturende direkteur, gesê.
Saul Kahuika, voorsitter van GHM se direksie, sê dié maatskappy is “uiters opgewonde” oor sy nuwe verhouding met DPM en DPMT.
“Die transaksie is nog 'n voorbeeld van hoe DPM sy verbintenis tot aandeelhouers in Namibië betoon en proaktief daarna streef om die doelwitte van NEEEF te verwesentlik,” sê Kahuika.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie