Dunja se saak uiteindelik in hof
Henriette Lamprecht – Byna vier jaar nadat ’n motorongeluk die lewe van ’n matriekmeisie geëis het, gaan die saak van strafbare manslag teen die bestuurder uiteindelik in die Windhoek-streekhof in Katutura begin.
Dit volg na verskeie terugslae en waarin die saak in ’n stadium van die hofrol verwyder is en die dossier nie volledig was nie.
Die 18-jarige Dunja von Dewitz is in die vroeë oggendure van 15 Oktober 2016 in ’n motorongeluk in Windhoek dood. Haar vriend, RJ Visser, is ernstig in die ongeluk beseer.
Die 20-jarige mnr. Jacobus van Schalkwyk van Windhoek is in Desember dieselfde jaar van strafbare manslag aangekla en dat hy op 15 Oktober 2016 in of naby Mandume Ndemufayoweg “onregmatig en deur nalatigheid die dood van Dunja veroorsaak het”.
Bykomend tot die eerste klag is Van Schalkwyk volgens die padverkeerswet van roekelose of nalatige bestuur aangekla. Dié klag teen hom is egter later volgens hofdokumente “voorlopig” teruggetrek, omdat die ondersoek nie afgehandel was nie. Die saak is aanvanklik van die hofrol geskrap, maar later weer teruggeplaas.
Dunja se ma, Erna het vroeër in ’n onderhoud erken die gesloer beteken daar is steeds geen afsluiting vir haar en haar man, Jochen, nie. Ook RJ se ouers, Alieta en Werner Wiese het gesê Dunja se dood en hul seun se lewensveranderende beserings het ’n geweldige impak op hulle gesin gehad.
RJ het permanente skade in die ongeluk opgedoen en het voortdurend opvolgbehandeling nodig. Die egpaar kon ook nie van die Padongelukkefonds (MVAF) eis omdat die saak nie afgehandel was nie.
Die verhoor begin op 12 November, met 13 November en ook 20 en 21 Januarie aanstaande jaar wat vir die saak uitgesit is. –[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie