Dusk en Dawn-uitdaging nie vir oggend- en aandpraatjies
Landlope
Die tweede Bank Windhoek Dusk and Dawn-landloopbyeenkoms sal Vrydagaand en Saterdagoggend by Farm Windhoek met sy IGJ Trails aangebied word.
Die kompetisie is daarop gemik om ervare landloopatlete asook beginners ’n uitdaging soos min oor twee dae en oor verskeie afstande te bied.
Die Scout-roete bied met sy Dusk- en Dawn-trajekte onderskeidelik vier en nege kilometer vir minder ernstige drawwers.
Met die Adventurer-afdeling kan atlete verwag om met die Dusk-pad nege kilometer en met die Dawn-pad 18 kilometer te draf. Die Great Explorer-afdeling is presies soos dié seksie se naam aandui; ’n allemintige 18 km (Dusk) en 26 km (Dawn) wag op geharde drawwers om hul staal te toon.
Die kompetisie is die breinvrug van Willem van Greunen en Jaco van den Berg en was die eerste byeenkoms van sy soort in Namibië wat oor twee dae aangebied was.
Van Greunen sê: “Die kompetisie bevestig opnuut Farm Windhoek Fitness se aansien dat ons ’n unieke en innoverende drafondervinding aan buitelug-entoesiaste bied.
“Mense wat verlede jaar aan die byeenkoms deelgeneem het, was so beïndruk dat hulle daarop aangedring het dat ons dit ’n jaarlikse gebeurtenis moet maak. Bank Windhoek was weer op sy pos om seker te maak dat nog ’n opwindende uitdaging die naweek aangebied word.”
Deelnemers wat net vir die pret wil saammaak en nog groentjies is, word genooi om in groot getalle in te skryf. Behalwe die 26 km roete, kan mense wat nie in ’n spesifieke kategorie wil deelneem nie, op beide of een dag vir enige van die afstande inskryf.
Vir diegene wat nie gaan draf nie en net wil stap, sal dit nie raadsaam wees om die 18 of 26 km roetes te pak nie.
Me. Jacquiline Pack, uitvoerende beampte vir bemarking- en kommunikasiedienste van Bank Windhoek, sê sulke kompetisies is net wat die dokter vir liggaam en siel aanbeveel.
“Net soos met enige oefening, laat draf jou brein ontspan terwyl dit die liggaam en sy spiere versterk. Dit laat ook deelnemers toe om die mooi van die natuur en vars lug te geniet in ’n omgewing wat vry van besoedeling en uitlaatgasse is. Ons sien uit na ’n opwindende byeenkoms,” het Pack gesê.
Vanjaar se onderskeie wenners sal elk ’n handgemaakte medalje van Hakahana Arts Hub ontvang wat deur Arnold Tjihuiko gemaak is. Verversings sal op beide dae beskikbaar wees.
Belangstellendes kan by www.webscorer.com inskryf of ’n e-pos kan na [email protected] gestuur word. Inskrywings sluit môre. Gou spring!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie