Duterte sê hy het persoonlik mense doodgemaak
Filippyne
Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, sê hy het persoonlik vermeende kriminele doodgemaak toe hy burgemeester van ''n stad in die suide van die Filippyne was om ''n voorbeeld vir die polisie te stel.
Hy het hierdie opmerkings gemaak toe hy sakelui oor sy veldtog teen onwettige dwelms toegespreek het. Die veldtog het tot die dood van duisende mense deur die polisie en ongeïdentifiseerde aanvallers gelei sedert Duterte op 30 Junie vanjaar president geword het.
"Ek het in Davao met ''n motorfiets rondgery en die strate gepatrolleer en moeilikheid gesoek. Ek het regtig konfrontasie gesoek sodat ek mense kon doodmaak,” het die 71-jarige president gesê. - Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie