Duterte trap Amerika weer
Japan
Die Filippynse president, Rodrigo Duterte, het gister probeer om Japan die versekering te gee dat sy hoë profiel besoek aan China verlede week net oor ekonomiese aangeleenthede en nie veiligheid gegaan het nie.
Hy het terselfdertyd weer harde woorde vir sy land se lank vertroude bondgenoot, Amerika, gehad. Hy het geskimp dat hy ''n einde aan verdedigingsverdrae met Washington kan maak.
Die veglustige Filippynse leier se besoek aan Japan kom midde twyfel oor sy buitelandse politieke doelwitte ná weke van verbale aanvalle op Amerika en vlerkslepery by China.
Duterte het verlede week in China aangekondig dat hy van Amerika “skei”, maar het later volgehou dat die betrekkinge nie verbreek word nie en dat hy bloot ''n onafhanklike buitelandse beleid nastreef. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie