Duur krag ‘lei tot al hoe kleiner huise in SA’
William Horne – Die skerp stygings in munisipale tariewe die afgelope tien jaar plaas skerp druk op die bekostigbaarheid van huise en gevolglik verskuif die fokus na die bou van kleiner huise.
John Loos, eiendomsontleder by FNB, sê hoewel die jongste verhoging in kragtariewe wat die nasionale energiereguleerder (Nersa) toegestaan het – naamlik 9,4% – in isolasie nie so erg lyk nie, was die kumulatiewe styging in kragtariewe in die tien jaar tot einde 2018 274,45%.
Dit gaan gepaard met ’n 147,16%-toename oor dié tydperk van ander nutsdienste (soos water en eiendomsbelasting) – alles veel hoër stygings as wat kerninflasie oor die tydperk was.
“Dis is dus nie verrassend dat die jongste boustatistieke wys dat ’n toenemende persentasie van boubedrywighede woonstelle en dorpshuise behels nie. Baie van dié eiendomme is deeltitelprojekte wat meer gronddoeltreffend en ekonomies in stand gehou kan word,” sê Loos.
In 2010 was net 27,9% van alle bouplanne wat goedgekeur is vir woonstelle en dorpshuise. In 2018 was dié syfer op 40,9%. Dit is volgens FNB hoofsaaklik weens die toenemende onbekostigbaarheid daarvan om groter wonings in stand te hou.
“Ons verwag dat die gemiddelde grootte van nuwe residensiële eiendomme sal daal, veral weens stygende elektrisiteitskoste,” sê Loos.
FNB sê hoe duurder krag word, hoe minder besteebare inkomste is beskikbaar om huise te bou en in stand te hou.
FNB se data wys verbruikersbesteding wat toegewy was aan huishoudelike brandstof en elektrisiteit was in 1975 op slegs 2,1% van die totale verbruikersbesteding. Dit het 32 jaar geneem tot in 2007 om met 0,9 persentasiepunt tot by 3% te styg. In die daaropvolgende tien jaar tot 2017 het dit egter met bykans 1,7 persentasiepunte tot 4,69% toegeneem. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie