• Tuisblad
  • Landbou
  • Duurder hoender kom dalk nadat Cyril ja sê vir hoër tariewe
Duurder hoender kom dalk nadat Cyril ja su00ea vir hou00ebr tariewe
Duurder hoender kom dalk nadat Cyril ja su00ea vir hou00ebr tariewe

Duurder hoender kom dalk nadat Cyril ja sê vir hoër tariewe

Karin Eloff
Elvira Wood



Nuwe invoertariewe wat eersdaags op pluimveeprodukte gehef gaan word, mag dalk goeie nuus wees vir plaaslike produsente, maar dit kan jou sak ruk.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donder­dagaand in sy staatsrede gesê “ons sal binne twee weke 'n nuwe tarief­aanpassing vir die invoer van ­pluimvee instel om die plaaslike bedryf te ­ondersteun”.

Ramaphosa het nie gesê in hoe 'n mate invoertariewe aangepas gaan word nie.

Die aankondiging volg ná 'n jare lange stryd van veral die Suid-­Afrikaanse Pluimveevereniging (Sapa) om die regering te oortuig om 'n invoer­tarief van 82% te plaas op ­ingevoerde ­hoenderborsies, asook op hoenderagterkwarte.

Die tariewe is tans onderskeidelik 12% en 37%.

Die rede vir dié aansoek is om “­storting en roofsugtige invoer” te bekamp en op dié manier die plaaslike sektor te beskerm.

Sapa voer verder aan daar is ook nie bewyse dat aan die nodige gesondheidsvereistes voldoen word wanneer bevrore hoenderstukke van veral ­Brasilië ingevoer word nie.

Sapa en FairPlay, 'n organisasie wat hom vir 'n billike handelsomgewing in die pluimveesektor beywer, erken egter dat sou die aansoek goedgekeur word, die prys van hoendervleis in Suid-Afrika met tussen 2% en 12,3% vir verskillende snitte kan styg.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Verbruikersunie (Sancu) en EBieSA, wat die aansoek teenstaan, sê weer hul navorsing wys dat die prys van hoender met soveel as 32% kan styg as tariewe verhoog word soos wat Sapa versoek.

EBieSA, 'n organisasie wat 105 swart invoerders in die bedryf verteenwoordig, sê weer die produkte is veilig en is goed vir die plaaslike sektor.

FairPlay sê in 'n e-pos aan Netwerk24 dat hy “verheug” is oor die aankondiging Donderdagaand dat 'n aankondiging oor invoertariewe binne twee weke gedoen gaan word, maar dat hy eers gaan moet sien presies hóé die tariewe aangepas gaan word, voordat hy kommentaar daarop kan lewer.

“Ons hoop dat die vlak waarop besluit is, effektief sal wees om storting en roofsugtige invoer teen te werk wat duisende werksgeleenthede gekos het,” sê die organisasie in die e-pos.

Hoendervleis is die vleis wat Suid-Afrikaners die meeste eet. Volgens Sapa is die plaaslike aanvraag nagenoeg 28 miljoen hoenders per week.

Die Brasiliaanse vereniging vir diereproteïen (BVDP) het in 2019 in 'n verklaring gesê Suid-Afrika kan bloot nie genoeg hoender produseer om aan die plaaslike vraag te voldoen nie en dít is hoekom die vleis van 'n ander land ingevoer moet word.

Volgens dié vereniging sal daar 'n 30%-tekort aan hoendervleis in Suid-Afrika wees sonder sy hoenderuitvoer.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!