u2018Duurder krag plaas boere onder groter druku2019
u2018Duurder krag plaas boere onder groter druku2019

‘Duurder krag plaas boere onder groter druk’

Francois Williams – Die jongste tariefverhoging in kragpryse sal die landbou kwaai tref.

Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking by FNB se landbousake, sê die tariefverhogings sal die landbou benadeel, want dit verhoog produksiekoste. Elektrisiteit is van die duurste produksiemiddele vir besproeiingsboere wat water moet pomp.

“Vrugte- en groenteboere sal dus veral geraak word. Boere is prysnemers – nes verbruikers aan die ander kant van die voorsieningsketting. Hulle kan nie hierdie styging in produksiekoste deurgee nie, en die kostedruk sal bloot net harder op hulle neerkom.”

Hy verwag die voedselverwerkingsbedryf sal ook onder druk kom, met koste wat na verbruikers deurgegee word.

Die kragkrisis tesame met tariefverhogings gee boere ’n nog groter rede om beleggings in hernieubare-energie alternatiewe te oorweeg om die volhoubaarheid van die sektor te verseker, sê Maree.

Eskom se direksie het intusen laat weet hulle sal verder beraadslaag hoe om sy tekort die beste aan te vul nadat Nersa R102 miljard se inkomste wat Eskom wou hê van die hand gewys het.

Dit volg op Nersa se besluit Donderdag om aan Eskom ’n tariefverhoging van onderskeidelik 9,41%, 8,1% en 5,22% oor die volgende drie boekjare toe te staan.

Dit kom neer op R102 miljard minder as waarvoor Eskom gevra het.

Eskom beklemtoon die jongste toegelate tariefverhogings is benewens die 4,4% wat verlede jaar toegestaan is ingevolge die reguleringsrekening-meganisme wat Eskom toelaat om terugwerkend vir tariefaanpassings te vra. Dié 4,4% was dus om inkomste te verhaal wat Eskom meen hy van 2015 tot 2017 moes gekry het.

Calib Cassim, finansiële hoof van Eskom, het in reaksie op Nersa se besluit gesê hy meen Eskom se tariefaansoek het ten volle voldoen aan die huidige regulatoriese beleid en metodologie.

“Eskom het gekyk na die doeltreffendheid in sy bedrywighede en die regering het steun van R69 miljard oor die volgende drie jaar belowe. Dit is ’n belangrike stap om Eskom se kredietwaardigheid by banke, kredietgraderingsagentskappe en ander belanghebbers te herstel.

“Eskom se aansoek is grootliks bepaal deur sy besteding aan steenkool, instandhouding en menslike hulpbronne, asook die koste van rentebetalings op skuld wat Eskom aangegaan het om sy belegging in Suid-Afrika se energie-infrastruktuur te finansier.”

Vroeër het Eskom gekla hy betaal te veel vir die elektrisiteit wat hy van onafhanklike groenkragprodusente moet koop, maar Cassim het hierdie keer niks daaroor gesê nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!