Duurste oorkrabbers nog onder die hammer
Duurste oorkrabbers nog onder die hammer

Duurste oorkrabbers nog onder die hammer

Die waardevolste diamantoorkrabbers wat tot nou toe hul verskyning op die veilingsvloer gemaak het, gaan in Mei deur Sotheby’s op sy Lenteverkoping in Genève opgeveil word.

Die Apollo- en Artemis-diamante soos dit bekend staan, behels een blou en een pienk diamant van uitstaande gehalte.

Die krabbers gaan afsonderlik opgeveil word en die Apollo-bloudiamant van 14,54 karaat in ’n peervormige snit, het ’n voorveilingsberaming van tussen $38 miljoen en $50 miljoen.

Die Artemis-pienkdiamant van 16 karaat, ook peervormig, gaan na verwagting vir tussen $12,5 miljoen en $18 miljoen verkoop.

David Bennett, wêreldwye voorsitter van Sotheby’s se internasionale juweliersware-afdeling, sê dié diamante gaan die sterre wees op die veiling in Genève en is verreweg die belangrikste oorkrabbers wat nóg op ’n veiling aangebied is. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!