Duurste stede ter wêreld – knip jou hare vir R1 700
Singapoer, Parys en Hongkong is die duurste stede ter wêreld, volgens die Economist Intelligence Unit se Worldwide Cost of Living-opname.
Singapoer was vyf jaar agtereenvolgens die duurste stad, maar Parys en Hongkong het hom ingehaal en die drie deel nou die titel.
Zürich en Genève is die ander twee in die topvyf.
New York en Los Angeles is onderskeidelik sewende en tiende nadat hulle verlede jaar weens die swak dollar tot onderskeidelik 13de en 14de verbeter het, berig Bloomberg.
Maatskappye gebruik die peiling om lewenskostetoelaes en vergoedingspakkette vir sakereisigers te bepaal, asook mense wat buite hul eie land woon.
Die drie stede boaan die lys is 7% duurder as New York. Die peiling word gedoen op grond van ’n lys van 160 produkte en dienste in 93 lande.
Stede in Australië en Nieu-Seeland het uit die toptien gebly weens swakker plaaslike geldeenhede.
’n Haarsny vir ’n vrou kos sowat R1 700 in Parys, R1 058 in Zurich en R764 in Osaka, Japan.
Die tien duurste stede is:
1. Singapoer
1. Parys (Frankryk)
1. Hongkong (China)
4. Zürich (Switserland)
5. Genève (Switserland)
5. Osaka (Japan)
7. Seoel (Suid-Korea)
7. Kopenhagen (Denemarke)
7. New York (VSA)
10. Tel Aviv (Israel)
10. Los Angeles (VSA)
Caracas in Venezuela is die goedkoopste stad ter die wêreld. Inflasie was verlede jaar byna 1 miljoen persent. Die prys van ’n koppie koffie in Caracas het verdubbel tot R8,86.
Damaskus in Sirië was die tweede goedkoopste stad ter wêreld, berig die BBC.
Die Economist Intelligence Unit sê al hoe meer stede word goedkoper weens die impak van politieke of ekonomiese ontwrigting.
Die tien goedkoopste stede is:
1. Caracas (Venezuela)
2. Damaskus (Sirië)
3. Tasjkent (Oesbekistan)
4. Almaty (Kazachstan)
5. Bangalore (Indië)
6. Karachi (Pakistan)
6. Lagos (Nigerië)
8. Buenos Aires (Argentinië)
8. Chennai (Indië)
10. Nieu-Delhi (Indië) – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie