‘Dwelmbaas’ en trawante in hof

Nampol sê 8 435 g dagga met ’n geskatte straatwaarde van N$420 000 is gevind, maar die verdediging bevraagteken die hoeveelheid en waarde daarvan.
Augetto Graig
Die Namibiese polisie en die Windhoek-stadspolisie het Vrydagaand by ’n padblokkade in Otjomuise ’n vermeende dwelmbaas in hegtenis geneem.

Volgens die stadspolisie se sosialemediaplatforms was die verdagte agter die stuur van ’n luukse Mercedes Benz-sedanvoertuig toe hy van die pad afgetrek is.

Die Namibiese polisie het gister bevestig drie verdagtes is ook saam met die 29-jarige mnr. Jacues Kondo vasgetrek. Hulle is mnre. Heinrich Magiedt (29), Kevin Shibaku (35) en me. Gabriela de Waal (25).

Al vier beskuldigdes het gisteroggend in die landdroshof in Katutura voor landdros Niinja Hochobes verskyn.

Volgens die polisie is 8 425 g dagga met ’n geskatte straatwaarde van N$421 250 glo in plastieksakke in die voertuig gevind.

Mnr. Winnie Christians, die verdediging se regsverteenwoordiger, het egter die hoeveelheid en die waarde van die dagga bevraagteken.

Hy het na die klagskrif verwys waarop die gewig as net meer as 800 g aangedui word, en dring aan die straatwaarde moet dus tussen N$40 000 en N$50 000 wees.

Hochobes het borgtog van N$8 000 elk aan Magiedt, Shibaku en De Waal toegestaan nadat die staatsaanklaer Victoria Likius op borgtog van N$20 000 vir elk van beskuldigdes aangedring het.

Hul borgtog is toegestaan op voorwaarde dat hulle elke Maandag by die Otjomuise-polisiekantoor aanmeld.

Likius het borgtog vir Kondo teengestaan aangesien ’n soortgelyke saak volgens haar teen hom op Rehoboth aanhangig gemaak is; die klag teen hom ernstig is; en dit nie in openbare belang of die belang van geregtigheid sal wees nie.

Hochobes het borgtog aan Kondo geweier. Hy kan op 24 Maart ’n formele aansoek om borgtog indien.

Die saak is tot 20 April uitgestel. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!