Dwelms: 31 Namibiu00ebrs vas
Dwelms: 31 Namibiu00ebrs vas

Dwelms: 31 Namibiërs vas

Gedurende die langnaweek is 31 Namibiese mans en een Angolese man in verskeie streke dwarsoor die land vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Volgens die polisie se misdaadverslag is op crack-kokaïen, Mandrax-tablette en dagga ter waarde van N$853 750 beslag gelê.



VERKRAGTING

'n 22-jarige verdagte het Sondag om 00:10 na bewering 'n 13-jarige meisie van die Sauyemwa- informele nedersetting op Rundu verkrag. Hulle woon in dieselfde huis en die verdagte het glo die slagoffer in haar kamer verkrag. Die man is in hegtenis geneem.

• Twee mans het glo Sondag om 18:00 'n 18-jarige vrou in die Iikokola-nedersetting op Onayena om die beurt verkrag. Die mans het die vrou na bewering huis toe gevolg en haar in die nabygeleë bosse verkrag. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.



ONGELUKKE

Marizuvzkz Koruhamaa (ouderdom onbekend) is Vrydag om 02:00 in die Omukwiyu-nedersetting by Etanga op die toneel oorlede nadat die voertuig waarin sy 'n passasier was, omgeslaan het. Na bewering het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor. Nog vier beseerde passasiers is na die staatshospitaal op Opuwo geneem.

• Die eenjarige Hama Samasore is Saterdag deur 'n voertuig gestamp. Sy is later in die staatshospitaal op Bunya oorlede. Die voorval het om 19:24 in die Bunya-nedersetting op Kahenge plaasgevind. Na bewering het sy voor die voertuig ingehardloop terwyl die bestuurder die voertuig wou parkeer. Die 21-jarige bestuurder het nie 'n wettige bestuurderslisensie nie. Die polisieondersoek duur voort.



DIEFSTAL

'n Onbekende man het na bewering Saterdag 'n vrou met 'n vuurwapen gedreig, aangerand en N$1 000 kontant gesteel. Die voorval het in die Kehemu- informele nedersetting op Rundu plaasgevind. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• Onbekende verdagtes het glo Vry­dag by die Bwangela-hardeware­winkel op Okahao ingebreek en N$20 653 kontant gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

• Verdagtes het Saterdag by 'n huis in Wanaheda in Katutura ingebreek. Hulle het die heining en diefwering van die huis se deur gebreek om toegang tot die huis te verkry. Hulle het 'n televisiestel, 'n yskas en twee selfone ter waarde van N$59 000 gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

•Tussen Vrydagnag en Saterdag­oggend het verdagtes by 'n huis op Oshikuku ingebreek en N$500 kontant en huishoudelike items ter waarde van N$10 569 gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Verdagtes het Saterdag omstreeks 14:00 by die huis op die plaas Hope in die Dordabis-omgewing inbreek en items ter waarde van N$17 300 gesteel. Niemand is in hegtenis geneem nie.

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!