Dylan spog met top-40-album in elke dekade sedert 60’s
Die Amerikaanse sanger en liedjieskrywer Bob Dylan (79) het die afgelope week die eerste kunstenaar geword om in elke dekade sedert die 1960’s ’n album uit te reik wat op die top-40 van die US Billboard-treffersparade gepryk het.
Dit volg op sy jongste album Rough and Rowdy Ways wat in die tweede plek op dié treffersparade gedebuteer het.
Dit is die hoogste debuutposisie wat Dylan in meer as ’n dekade bereik het sedert sy liedjie “Together Through Life” wat in 2009 uitgereik is.
Die album is in ’n onlangse resensie as “waarskynlik sy grootste digterlike stelling” tot nog toe beskryf.
Rough and Rowdy Ways is Dylan se 23ste toptienalbum en sy 50ste album wat ’n posisie in die top-40 bereik.
Dit is die sewende dekade agtereenvolgens wat hy dit regkry: agt in die 1960’s, 14 in die 1970’s, sewe in die 1980’s, vier in die 1990’s, sewe in die 2000’s, nege in 2010 en nou sy eerste in die 2020’s. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie