E-posgroete
E-posgroete

E-posgroete

Karin Eloff
Dankie vir jou e-pos. Ek neem tans aan die musical chairs-wêreldkampioenskappe deel en sal terug op kantoor wees sodra die musiek ophou.

As hierdie jou laat kopkrap, lees verder . . .

As jy soos ek is, is jy al die afgelope drie weke reeds in Desember-mode en tel jy amper al die ure af tot die komende vakansie. Geen gejaag van een vergadering na die volgende nie. Geen buitemuurse aktiwiteite waarheen die kinders gehaas moet word nie. En heel moontlik ’n paar oggende se laat slaap. Ha! Asof dít ooit in vakansietyd gebeur.

Maar vir die meeste van ons is daar nog ’n paar weke se swoeg en sweet oor. So, terwyl ek droom van langs die swembad lê met ’n nuwe boek in een hand en ’n cocktail in die ander, dink ek reeds aan afskakel. Soos in my rekenaar afskakel. En my bes probeer om nie e-posse te antwoord nie. Sjoe – dis ’n uitdaging op sy eie, nè?

Hierdie drome van wat voorlê, het my gebring by die boodskappe waarmee mense hul elektroniese korrespondente inlig dat hulle nie op kantoor is nie.

Vreemd genoeg het out of office-boodskappe al ’n following van hul eie op die internet ontwikkel. Baie laat jou lag, ander laat jou wonder of die persoon nie al lankal moes gaan vakansie hou het nie.

Daar was wel ’n paar wat my laat giggel het, soos: “Ek is tot dag/maand/jaar met verlof. Ek sal toelaat dat elke persoon vir my een e-pos stuur. As jy meer as een stuur, sal ek die e-posse lukraak uitvee totdat daar net een oorbly. Kies slim. Neem ook kennis dat jy reeds een e-pos gestuur het.”

Dan is daar die een wat wou weet hoekom iemand vir hom (of haar) e-posse in die Desember-vakansie stuur.

“Ek is super besig om heruitsendings van Home Alone, Die Hard en ander Kersflieks te kyk. Ek gaan dalk tussenin iets eet of badkamer toe gaan. Dalk ook nie. Ongeag my algemene gesondheid en higiëne sal ek op 13 Januarie weer op kantoor wees.”

Of wat van ’n eerliker aanslag?

“Ek is nie op kantoor nie, maar sal volgende week terug wees. Ek het wel maklike toegang tot my e-pos en foon, maar ek verseker jou ek gaan dit nie vir werksdoeleindes gebruik nie.”

Nog ene: “Ek’s op die oomblik met betaalde verlof. Wanneer ek weer op kantoor is, is ek op betaalde werk. Wanneer ek ’n week terug is met betaalde werk, sal ek enige vrae wat jy het, beantwoord teen ’n tempo waarmee ek gemaklik is. Dit gaan waarskynlik nie ’n tempo wees waarmee jy gemaklik is nie.”

Een van my gunstelinge? Kort en kragtig: “At the beach. No laptop, no Blackberry, no iPhone. Returning [DATE].”

Ek sluit met dié een af: “Ek’s nie op kantoor nie. Ek is, wel – jy wil dit seker nie hoor nie omdat jy waarskynlik werk – met vakansie. In ander nuus, sal ek op 13 Januarie terug wees. Dis ’n Maandag. Gee my bietjie kans om alles in te haal en ek sal op jou e-pos reageer. Maar terwyl ons so oor vakansies gesels, wil jy nie maar vir jouself een bespreek nie?”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!