• Tuisblad
  • Sake
  • E-sigarette met vrugtegeure kry wind van voor
E-sigarette met vrugtegeure kry wind van voor
E-sigarette met vrugtegeure kry wind van voor

E-sigarette met vrugtegeure kry wind van voor

Daar is slegte nuus vir tabakmaat­skappye wat al hoe meer ­alternatiewe produkte op die mark plaas om te vergoed daarvoor dat minder mense sigarette rook.

Amerika se voedsel-en-medisyne-owerheid (FDA) gaan glo volgende week streng perke aankondig oor die verkope van nikotienvloeistowwe met vrugtegeure te midde van 'n “epidemie” onder jong mense.

Die perke sal glo net geld vir toestelle wat 'n houertjie vir die geure gebruik, soos die gewilde e-sigaret Juul.

Winkels sal nie die produkte aan mense jonger as 21 mag verkoop nie en aanlyn kleinhandelaars sal kopers se ouderdom moet verifieer.



NUWE KLAS GEBRUIKERS

Die FDA is bekommerd dat e-sigarette 'n nuwe klas nikotiengebruikers skep, en nie net 'n manier is om mense van gewone sigarette te laat oorskakel na 'n produk wat as effens minder skadelik beskou word nie.

Die rook van e-sigarette het die ­afgelope jaar met 77% gestyg onder hoërskoolkinders en met 50% onder sogenaamde middelskoolkinders (in die VSA gr. 6-8).

Meredith Berkman, mededstigter van Parents Against Vaping E-Cigarettes, reken die perke gaan nie ver genoeg nie en dat álle gegeurde nikotien heeltemal verbied moet word, ook mentgeur.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!