Eagles knoop Vrystaat vas
Krieket
Tielman van Lill -
Namibië het Saterdag in Bloemfontein by die Mangaung-stadion sy eendagwedstryd met 102 lopies teen die Vrystaat gewen toe hy 301 lopies vir die verlies van nege paaltjies aangeteken het.
Die gewonde Eagles wat Vrydag sy driedag-botsing in Krieket Suid-Afrika se Sunfoil-reeks met ''n beurt en 65 lopies by dieselfde veld verloor het, het egter Saterdag op al sy silinders gevuur om die gasheer ''n ding of twee te wys.
Driedag-wedstryd: Die Vrystaat het in sy eerste kolfbeurt 375 lopies vir die verlies van vyf paaltjies op die telbord geplaas en verklaar en die besoekers ingestuur om te kolf. Net Zander Pitchers (24), Stephen Baard (18), Gerrie Erasmus (13) Bernard Scholtz (28) en Tugeni Lungameni (12) kon dubbelsyfers aanteken voordat die span vir 115 uitgeboul is.
In die Eagles se opvolgbeurt het sake ietwat beter verloop toe Gerrie Erasmus (43), Craig Williams (45) en Gerrie Snyman (35) by die totaal van 196 gevoeg het. Zander Pitchers (27), Stephen Baard (10), Jan Frylinck (6), paaltjiewagter Zane Green (2), Bernard Scholtz (12, nie uit nie), Tugeni Lungameni (0) en Fritz Coetzee (2) kon nie veel weerstand bied nie.
Marchant de Lange, die Vrystaat se Protea-bouler, kon in sy 18 beurte slegs een slagoffer vir 51 lopies bewerkstellig. Dit is egter T. Ntuli se 6/45 (eerste beurt) en 1/43 wat die groot skade aangerig het. Ook het D. Olivier in die tweede beurt sy 2 vir 16 (eerste beurt) met ''n goeie 5/41 opgevolg wat die besoekers se aanslag geknak het. Vir Namibië het die jong Fritz Coetzee drie paaltjies vir 59 lopies geneem terwyl Lungameni een kolwer kon laat stap.
Eendag-botsing
Die Eagles het Saterdagoggend eerste gekolf en Stephen Baard het die Eagles se beurt behoorlik met sy 85 lopies van 93 balle geanker voor hy been voor paaltjie betrap is.
Die bydraes van LP van der Westhuizen (25 l, 17 b), Craig Williams (56 l, 62 b), Jan Frylinck (30 l, 36 b), Zane Green (50 l, 56 b) het gesorg dat die gasheer ''n behoorlike teiken van 301 moes jaag.
Marchant de Lange het 5/59 in sy toegelate tien boulbeurte geoes terwyl Olivier, SF Mofokeng, J. Draai en P. Botha elkeen net een kolwer kon uitkry.
Vir die Eagles het Jan Frylinck drie paaltjies vir 23 lopies in sewe boulbeurte geneem. Bernard Scholtz was natuurlik weer kookwater met sy draaiers en het die Vrystaters behoorlik op die agtervoet gehad toe hy vier kolwers vir 39 lopies (ses boulbeurte) uitgeknikker het. Mika Mutumbe en Tugeni Lungameni neem elkeen ''n paaltjie.
O.19-toer
Op plaaslike front kon die Namibiese o.19-span nie teen die seuns van Zimbabwe die mas opkom nie en moes Vrydag opnuut in Windhoek die knie voor die besoekers buig toe hulle Namibië vir 175 lopies in ''n 50-beurt kragmeting uitgeboender het.
Vir Zimbabwe het T. Jayden (100 l van 99 b) en T. Makoni (53 l, 96 b) lopies geslaan terwyl die plaaslike span 23 bylopies afgestaan het om die besoekers se totaal tot 176 sonder verlies te laat aangroei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie