Eagles kry supervlerke
Eagles kry supervlerke

Eagles kry supervlerke

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Krieket Namibië (KN) en Westair Aviation het gister by die Eros-lughawe hul vennootskap aan die media bekendgestel.

Westair sal die nasionale manspan se amptelike redery vir die volgende twee jaar wees, wat die Eagles op kontinentale vlak oor Afrika se grense heen na hul aangewese bestemming vir wedstryde sal vervoer.

Mnr. Henri van Schalkwyk, ­hoofbeampte van Westair, sê sy maatskappy en die Eagles is in dieselfde klas.

“Ons is werklik ingenome om Westair met die Eagles te verbind. Die Eagles is tans die nommer een nasionale sportspan in die land, terwyl ons die beste lugredery in Namibië is. Krieket het die afgelope twee jaar ongelooflike vordering op internasionale vlak gemaak.

“Namibiese krieket word uitmuntend bestuur en dieselfde geld by Westair. Ons sal die Eagles met trots na hul bestemmings vervoer. Ons streef daarna om ons passasiers en ons krieketsterre veilig en betyds by hul bestemmings te kry.

“Ons is 'n trotse Namibiese maat­skappy en ons is hier om ons land en sy mense te ondersteun deur die beste moontlike diens te lewer,” het Van Schalkwyk afgesluit.



VERGEMAKLIK REëLINGS

Mnr. Johan Muller, uitvoerende hoof van KN, sê: “Ons is gelukkig om Westair aan boord te hê. Dit maak vlugreëlings vir die span net meer buigsaam. Dit is lekker om 'n plaaslike maatskappy te ondersteun en so die ekonomie te stimuleer.”

Die visepresident van KN, mnr. Polly Negongo, sê Westair is die toonaangewende lugredery in die land.

“Dit is 'n voorreg om met hulle 'n span te vorm. Ek hoop ons vennoot­skap kan later van tyd uitgebrei word. Met Westair aan ons sy maak dit die Eagles se reisplanne plaaslik en internasionaal makliker.

“Dit is fantasties om te weet dat Westair te midde van die huidige ekonomiese klimaat bereid is om hande te vat. Ek is self in besigheid en weet hoe moeilik dit gaan. Baie dankie Westair,” het hy gesê.

Westair bied tans vlugte tussen Windhoek, Kaapstad, Johannesburg, Ondangwa en Walvisbaai aan.

Ander borge wat Krieket Namibië ondersteun, is African Personnel Services, Ashburton Investments, Castle Lite, Future Media, ixusport.com, N/aan ku sê, Neolife, Pupkewitz Toyota, Richelieu, Torga Optical, Walvis Bay Salt Refiners en die Xco Group. 

 – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!