Eagles oordonder moedige Zim
Eagles oordonder moedige Zim

Eagles oordonder moedige Zim

Krieket
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Die Eagles het sy laaste twee eendagwedstryde in die Castle Lite-reeks gemaklik met ses paaltjies en 157 lopies teen ‘n Opkomende Zimbabwe-span gewen.

Die besoekers het Vrydagoggend eerste gekolf en ’n agtenswaardige 304 lopies almal uit in 49 boulbeurte op die telbord geplaas. Hulle het selfs daarin geslaag om die Eagle-boulers vir 17 sesse en 23 viere na die grens te jaag. Heelwat meer as die Eagles se sewe sesse, maar die gasheer oortref met 26 viere.

Carl Mumba se 80 lopies van 33 balle (3x4, 9x6, geboul Shaun Fouché) is beslis die hoogtepunt van Zimbabwe se kolfbeurt. Hy is goed deur Brian Chari (62 lopies, 64 balle, 6x4, 3x6, geboul Bernard Scholtz), Richmond Mutumbami (42, 22 b, 4x4, 4x6, gevang JJ Smit, geboul Jan Frylinck), Steven Saul (38, 60 b, 4x4, 1x6, uitgehardloop Frylinck) en Chamu Chibhabha (31, 39 b, 3x4, gevang Frylinck, geboul Michael van Lingen) bygestaan.

Fouché (4/30 in 5 boulbeurte) is Namibië se giftigste bouler gevolg deur Frylinck (2/24 in 7), Scholtz (1/41 in 8) en Van Lingen (1/48 in 6).

Die gasheer behaal 308/4 in 48.1 boulbeurte, maar sy kolfbeurt het rampspoedig begin toe Zane Green vir ’n nulletjie van een bal uitgevang was. Stephen Baard op nommer twee het vinnig sewe viere (31 b) teen die grenstou vir 36 laat klap voor hy deur Roy Kaia uitgevang is.

Van Lingens speel ’n spogbeurt op drie saam met kaptein Gerhard Erasmus op 4 (103*, 120 b, 6x4, 3x6) om as speler van die wedstryd gekroon te word. Sy 115 kom van 113 aflewerings wat tien viere en drie sesse insluit voor Saul hom uitvang. Smit is die laaste kolwer wat vir oulaas met 19* lopies (18 b, 1x4, 1x6) die finale spyker in Zimbabwe se kis vir ’n sege slaan.

Vir Zimbawe kry Tanaka Chivanga (2/64 in 10 boulbeurte, 1 leeg), C. Mumba (1/42 in 8) en Ainsley Ndlovu (1/66 in 10) paaltjies.

Gister was die Eagles in versnelrat met 367 lopies vir die verlies van agt paaltjies in 50 boulbeurte. Maar die gasheer se aanslag was ná slegs 4.3 boulbeurte in stormagtige water (2/4) toe Baard op 1 (2 lopies, 12 balle, gevang Victor Nyauchi) en Van Lingen op 3 (0, 2 b, gevang Richmond Mutumbami) goedkoop laat stap is.

Zane Green op 2 het egter vir sy vorige blapse met die kolf vergoed en 96 van 93 aflewerings (14x4, 1x6, 103 persent) gemoker voor Saul hom agter die paaltjies uitgevang het.

Nicol Loftie-Eaton op 4 (80, 92 b, 8x4), JJ Smit op 5 (52, 29 b, 3x4, 5x6) en Erasmus op (91*, 47 b, 5x4, 6x6) is op peil om teen onderskeidelik 87-, 170- en 194-persent die Zimbabwe boulers te kastei.

Vir die besoekers slaag Nyauchi (3/47 in 3, 2 leeg), Tanaka Chivanga (2/69 in 10, 1 leeg), Mumba (1/76 in 10) en Ainsley Ndlovu (1/77 in 10) met die bal in die hand.

Brian Mudzinganyama op 1 (51, 52 b, 4x4, 2x6, geboul Pikky Ya France) begin aanvanklik Zimbabwe se kolfbeurt op ’n hoënoot. Maar sy volgende ses kolfvennote behaal slegs 38 lopies tussen hulle.

Mumba op 8 (50, 26 b, 4x4, 4x6, gevang Ya France, geboul Fouché), Ndlovu op 9 (33*, 42 b, 5x4) en Chivanga op 10 (34, 31 b, 2x4, 3x6, gevang Karl Birkenstock, geboul Scholtz) veg moedig, maar moet die aftog in 37.3 boulbeurte met 210 almal uit blaas.

Van Lingen met 31/3 in 3 boulbeurte is die Eagles se voorste bouler teen 7 lopies per boulbeurt. Loftie-Eaton met 2/19 in 7 (2 leeg teen 2.71) trek vir hom die speler van die wedstryd-titel nader, terwyl Smit (1/16 in 4), Scholtz (1/67 in 8), Ya France (1/26 in 7), Fouché (1/28 in 3) en Birkenstock (1/1 in 3 balle) almal belangrike bydraes lewer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!