Eagles op koers vir reeks teen Skotte, Nepal
Die pad na kwalifisering vir die Wêreldbeker in eendagkrieket is nog baie lank, maar afrigter Pierre de Bruyn se manne lyk opgewasse vir die taak.
Tielman van Lill – Indien niks voorval nie, vertrek Namibië se senior krieketspan in Julie na Skotland om die Skotte en Nepal in die Internasionale Krieketraad (ICC) se Wêreldbeker Liga Twee in 'n driehoekige eendagreeks te pak.
Namibië word tans ná Skotland (15de), Nepal (16de) en die Verenigde Arabiese Emirate (17de) deur die ICC, as die 18de beste eendagspan gereken.
In Wêreldbeker Liga Twee, wat in 2019 begin het en deel van die lang pad na kwalifisering vir die 2023 Wêreldbeker in Indië uitmaak, bevind die Namibiërs hulle tans in die vierde posisie uit sewe spanne.
'n Belowende aanduider ná die Covid-inperkings was egter die Eagles se pas afgelope sukses teen 'n gerekende kombinasie van die suidelike buurland. Die Namibiërs het hulle in die afgelope Castle Lite-reeks van drie eendagwedstryde teen 'n Ontluikende Suid-Afrikaanse span by die Wanderers-veld in Windhoek deeglik met die kolf en bal teen taai teenstand laat geld.
Hierdie soort ondervinding, selfvertroue en wedstrydskerpheid kan geen geld koop nie.
Potensiële wedstrydwenners soos Craig Williams, JJ Smit, Gerhard Erasmus, Nicol Loftie-Eaton, Ruben Trumpelmann, Bernard Scholtz, Stephen Baard, Zane Green en Jan Frylinck het onder geweldige druk teen professionele spelers gewys wat in hulle steek.
Craig Williams het as kolwer die meeste lopies in die reeks (190) vir sy span aangeteken, hoewel Gerhard Erasmus, van wie se kolf die tweede meeste lopies gevloei het (132), se treftempo selfs beter as Williams s'n was. JJ Smit (99 lopies) het egter met 110 persent die hoogste tempo gehandhaaf om die telbord te laat aanrol.
Van die boulaanval was die draaibouler Nicol Loftie-Eaton met ses slagoffers die grootste paaltjievraat, terwyl die staatmaker Bernard Scholtz met 3.85 lopies per boulbeurt die Eagle se suinigste bouler was.
Die gevaarlike linkerarm sneltrein wat sy krieket in Pretoria geleer het, Ruben Trumpelmann, neem wel minder paaltjies as JJ Smit en Jan Frylinck, maar is met 4.60 meer ekonomies en stuur boonop vier leë boulbeurte af.
Loftie-Eaton (2) en Scholtz (1) is die ander twee boulers wat leë beurte kon bewerkstellig.
Die Namibiërs se ranglys volgens statistiek van die eendagreeks:
KOLWERS
1 Craig Williams in 3 kolfbeurte: 1 (48 van 82 balle, 4x4), 2 (3 van 8 b), 3 (139* van 119 b, 5x4, 11x6). Totaal 190 lopies teen gemiddeld 63.33 (treftempo 90.90%).
2 Gerhard Erasmus in 3 kolfbeurte: 1 (108 van 95 b, 10x4, 4x6), 2 (4 van 9 b, 1x4), 3 (20 van 30 b, 1x4). Totaal 132 (98.50%).
3 JJ Smit in 3 kolfbeurte: 1 (14* van 16 b, 1x4), 2 (24 van 26 b, 3x4), 3 (61 van 48 b, 3x4, 4x6). Totaal 99 (110%).
4 Stephen Baard in 3 kolfbeurte: 1 (12 van 18 b, 1x4), 2 (37 van 34 b, 6x4, 1x6) 3 (33 van 47 b, 4x4, 1x6). Totaal 82 (82.82%).
5 Zane Green in 3: 1 (31 van 36 b, 5x4, 1x6), 2 (14 van 24 b, 1x4), 3 (26 van 39 b, 3x4, 1x6). Totaal 71 (71.71%).
6 Ruben Trumpelmann in 1: (28 van 45 b, 4x4; 62.22%).
7 JP Kotzé in 2: 1 (16 van 23 b, 3x4), 2 (8 van 6 b, 2x4). Totaal 24 (82.75%).
8 Nicol Loftie-Eaton in 3: 1 (1* van 1 b), 2 (0 van 12 b), 3 (23* van 20 b, 3x4). Totaal 24 (72.72%).
9 Bernard Scholtz in 1: (5* van 11 b, 1x4; 45.45%).
10 Ben Shikongo in 1: (2 van 8 b, 25%).
11 Jan Frylinck in 1: (1 van 4 b, 25%).
BOULERS
1 Nicol Loftie-Eaton in 3 wedstryde: 1 (3/29 in 9 boulbeurte, 2 leeg), 2 (3/37 in 8), 3 (0/37 in 5). Totaal 6/103 in 22 boulbeurte (ekonomie 4.68 lopies per boulbeurt).
2 Jan Frylinck in 3: 1 (2/49 in 10), 2 (2/34 in 7.5), 3 (1/78 in 10). Totaal 5/161 in 27.5 (5.85).
3 JJ Smit in 3: 1 (0/29 in 6), 2 (1/26 in 7), 3 (3/64 in 10). Totaal 4/119 in 23 (5.17).
4 2 Bernard Scholtz in 2: 1 (1/30 in 10), 2 (2/47 in 10, 1 leeg). Totaal 3/77 in 20 (3.85).
5 Ruben Trumpelmann in 3: 1 (1/37 in 10, 2 leeg), 2 (1/38 in 8, 1 leeg), 3 (1/54 in 10, 1 leeg). Totaal 3/129 in 28 (4.60).
6 Ben Shikongo in 2: 1 (2/54 in 9), 2 (0/13 in 2). Totaal 2/67 (6.09).
7 Gerhard Erasmus in 1: (1/18 in 3; 6.00).
8 Michael van Lingen in 1: (0/24 in 4; 6.00).
9 Craig Williams in 1: (0/13 in 2; 6.50).
10 Tangeni Lungameni in 1: (0/34 in 5; 6.80).
FOTO
Die geleidelike terugkeer van JJ Smit na sy beste vorm met die kolf en die bal ná sy kniebeserings is uitstekende nuus vir die Eagles. Foto Tielman van Lill

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie