Eagles se historiese finaal oor vier dae

'n Nuwe era onder kapteinskap van Stephen Baard begin vandag op Kingsmead.
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Die aanvangskolwer Stephen Baard neem die kapteinskap oor van die Namibiese krieketspan wat vanoggend op Kingsmead in Durban in die eindstryd van die 2017-2019 Sunfoil provinsiale drie­dagkompetisie teen KwaZulu-Natal te staan kom.

Baard, wat einde vandeesmaand 26 jaar oud word, is 'n voormalige kaptein van die land se o.19 Wêreldbekerspan en was ook tevore 'n tyd lank as kaptein van die Eagles aangestel. Dit was totdat Sarel Burger 'n terugkeer gemaak het en op 'n meer permanente grondslag beskikbaar was, as 'n strategie om die jonger leierskapgroep te help kweek.

Die eindstryd in Durban word ironies genoeg oor vier dae beslis en sal Namibië se geskiedkundige eerste verskyning wees.

Dit kom in vele opsigte ook op 'n deurslaggewende tydstip vir Eagles-krieket.

Sarel Burger, die sterkolwers Craig Williams en Gerrie Snyman asook die veelsydige Nicolaas Scholtz het gedurende die afgelope seisoen hul uittrede aangekondig ná minstens 'n dekade van nasionale diens.

“Al vier het groot rolle in ons vordering tot hierdie finaal gespeel en sou ook nog kon bydra, maar ons respekteer hul besluit om uit te tree. Hulle het geweet daar is 'n buitekans om die eindstryd te haal, maar hulle het ná die Vrystaat-wedstryd finaal die kolwe weggepak ongeag of ons sou deurdring.

“Ons vertrou in die talent wat ons het en dit is tyd dat die jong manne hand opsteek,” sê spanbestuurder André Schmidlin.

Veral Williams was op dreef en sy 687 lopies (gemiddeld 52.8, beste 184, met nog vyf vyftigtalle) in die afgelope driedagreeks was onontbeerlik in die Namibiese aanslag en plaas hom negende op die algehele lys lopiemakers vir die seisoen.

Baard was die Eagles se tweede bestendigste kolwer (554 lopies, gemiddeld 39.5, beste 72, vyf vyftigtalle), gevolg deur Jean Bredenkamp en Jan Frylinck (beide met 357 lopies).

Op die boulfront het die linkerarm draaier Bernard Scholtz (33 paaltjies) die aanslag gelei, hoewel JJ Smit (25 paaltjies) en Jan Frylinck ewe ingeburger in die bouleenheid is. Selfs die betreklike “nuwelinge” soos Christopher Coombe, Danie van Schoor en Tiaan Snyman is ook nie meer vreemdelinge op dié vlak nie.

Die Eagles maak 'n terugkeer na Kingsmead, waar KZN hulle in Februarie met 'n beurt en 72 lopies afgeransel het. Dit was egter in 'n stadium waarin die topspelers met internasionale verpligtinge besig was en Gerrie Snyman basies die kaptein van 'n Namibiese onder 20-span was.

Die meeste van KwaZulu-Natal se lopies dié seisoen is deur Mishkal Ramsaroop (462), Michael Erlank (460) en Jason Oakes (448) bygedra.

Hul giftigste boulers was die linksdraaier Smangaliso Nhlebela (32 paaltjies), regterarm sneller Keith Dudgeon (30) en regterarm mediumbouler Zakariya Paruk (28).

Die Namibiese span vir die finaal: Stephen Baard (kaptein), Lo-han Louwrens, Jean Bredenkamp, Gerhard Erasmus (onderkaptein), Niko Davin, Jan Frylinck, Zane Green (paaltjiewagter), JJ Smit, Christopher Coombe, Bernard Scholtz, Tiaan Snyman en Danie van Schoor.

Kommentaar

Republikein 2024-10-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Liverpool 2 vs 1 Chelsea | Wolves 1 vs 2 Manchester City | Bournemouth 2 vs 0 Arsenal | Ipswich Town 0 vs 2 Everton | Southampton 2 vs 3 Leicester City | Newcastle 0 vs 1 Brighton | Manchester United 2 vs 1 Brentford | Fulham 1 vs 3 Aston Villa | Tottenham Hotspur 4 vs 1 West Ham LaLiga: Barcelona 5 vs 1 Sevilla | Villarreal 1 vs 1 Getafe | Atletico Madrid 3 vs 1 Leganés | Mallorca 1 vs 0 Rayo Vallecano | Celta Vigo 1 vs 2 Real Madrid | Girona 0 vs 1 Real Sociedad | Osasuna 1 vs 2 Real Betis | Athletic Club 4 vs 1 Espanyol | Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid SerieA: AS Roma 0 vs 1 Inter Milan | Cagliari 3 vs 2 Torino | Venezia 0 vs 2 Atalanta | Lecce 0 vs 6 Fiorentina | Empoli 0 vs 1 Napoli | Juventus 1 vs 0 SS Lazio | AC Milan 1 vs 0 Udinese | Genoa 2 vs 2 Bologna | Como 1 vs 1 Parma European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 1 Sunderland | Stoke City 1 vs 1 Norwich City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Burnley | Queens Park Rangers 1 vs 2 Portsmouth | Millwall FC 1 vs 1 Derby County | Middlesbrough 0 vs 2 Bristol City | Blackburn Rovers 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 1 vs 0 Coventry City | Oxford United 1 vs 1 West Bromwich Albion | Luton Town 3 vs 0 Watford | Cardiff City 5 vs 0 Plymouth Argyle | Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 1 Sunderland | Stoke City 1 vs 1 Norwich City | Sheffield Wednesday 0 vs 2 Burnley | Queens Park Rangers 1 vs 2 Portsmouth | Millwall FC 1 vs 1 Derby County | Middlesbrough 0 vs 2 Bristol City | Blackburn Rovers 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 1 vs 0 Coventry City | Oxford United 1 vs 1 West Bromwich Albion | Luton Town 3 vs 0 Watford | Cardiff City 5 vs 0 Plymouth Argyle | Leeds United 2 vs 0 Sheffield United F1: USA GP First:Charles Leclerc Ferrari 01:35:10 Second:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:08.562 Third:Lando Norris McLaren + 00:00:19.412 #N/A Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.11 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.6 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.06 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 129.1 | USD to NGN 1651.73 | USD to ZAR 17.58 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1885.58 Up +0.89% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14080.57 Down -0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 721.90/OZ UP +1.04% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.26% | Zinc US$ 3 104.30/T UP 0.01% | Brent Crude Oil US$ 73.44/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 1 014.04/OZ UP +1.97% #N/A