Eagles wen Pakistan se respek

Krieket
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Die Namibiese Eagles-span het opnuut aan die krieketwêreld gewys hoe hy in staat is om sy prestasievlakke te lig wanneer die opponent dit vereis, met gisteraand se dapper vertoning teen die uiters gedugte Pakistan by die T20 Wêreldbeker.

Anders as spanne soos Wes-Indië of Skotland, wat beide al ineenstortings vir onderskeidelik 55 en 60 almal uit moes afsluk, het kaptein Gerhard Erasmus en sy manne nog geen sulke skandes beleef nie en het gister tot in 'n laat stadium vir Pakistan besig gehou.

Pakistan se reusekolftotaal van 189/2 is allerweë beskou as buite die bereik van Namibië, wat nietemin tot 144/5 gevorder het aan die einde van sy 20 boulbeurte.

Nadat Indië 'n paar dae gelede nie kon keer dat Pakistan se aanvangspaar na 'n oorwinning met tien paaltjies deurkolf nie, het Namibië se boul­aanval gisteraand twee deurbrake gemaak.

Pakistan se witwarm aanvangskolwer Mohammad Rizwan is as speler van die wedstryd aangewys vir sy manjifieke vertoning van houespel vir 79 nie uit nie van 50 balle. Rizwan het 24 lopies van die 20ste boulbeurt deur JJ Smit gemoker (4 6 4 4 4 2).

Sy kaptein Babar Azam is op 70 van 49 balle deur Jan Frylinck uitgevang, van David Wiese se boulwerk. Namibië het daarna 'n tweede paaltjie bygevoeg, toe Fakhar Zaman (5) briljant agter die paaltjies deur Zane Green uitgevang is van 'n Frylinck-aflewering.

In die Namibiese kolfbeurt was die hoogtepunte Stephen Baard se 29 van 29 balle (1x4 1x6), Craig Williams se 40 van 37 balle (5x4 1x6) en David Wiese se 43 nie uit nie van 31 balle (3x4 2x6).

Gerhard Erasmus het hom ook net begin tuismaak (15 van 10 balle, 1x4 1x6) toe hy hom misgis het en uitgevang is. Op die algehele lys van meeste sesse in die toernooi is Wiese nou tweede (tien sesse in ses wedstryde), ná die Engelsman Jos Buttler (12 sesse in vier).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!