Eagles werk doelgerig na WB-sukses

Die nasionale kaptein deel van die fiksheidstandaarde wat die span onder afrigterskap van Pierre de Bruyn bereik het.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – In die spelersgroep van die Namibiese Eagles kan vyf kategorieë geïdentifiseer word van individue wat op uiteenlopende wyses op en van die krieketveld bydra tot die komende aanslag op die T20 Wêreldbeker-skouspel in die Verenigde Arabiese Emirate.

Die 26-jarige spankaptein Gerhard Erasmus het by die Eagles se afskeidsgeselligheid op 'n ligte noot van dié kenmerkende eienskappe van die spanlede uitgelig.

Volgens hom is een van die onmisbare groepe diegene wat die jeugdige energie en vars nuwe idees inbring. Dit geld vir die boulers Ben Shikongo (21) en Mauritius Ngupita (20, reisende reserwe), die veelsydige draaibouler en houespeler Nicol Loftie-Eaton (21) asook die mees ervare duo Craig Williams (37) en David Wiese (36).

Wanneer dit nodig is dat kalmte en rustigheid in die groep herstel moet word, is dit gewoonlik iemand soos Jan Frylinck (27), JJ Smit (25) of Pikky ya France (31) wat hierdie invloed uitoefen, sê Erasmus.

Volgens die kaptein is hyself of Michau du Preez (25) gewoonlik aan die voorpunt wanneer iemand eerlik gehou moet word met 'n poetsbakkery.

Die “tech team” se huidige hooflede is Ruben Trumpelmann en Michael van Lingen (beide 23), wie se ­vaardighede altyd op bystand moet wees wanneer die Eagles se video-ontleder Riaan Minnie tegniese hulp nodig het.

Die Eagles se nie-reisende reserwes Tangeni Lungameni (29), Shaun Fouché (21) en Dewald Nell (22) sal volgens Erasmus “altyd saam bly” as lede van die groep wat die afgelope maande kliphard gewerk het om hierdie reuse-deurbraak vir Namibiese krieket te laat gebeur.

“Ek dink daar is spelers wat 'n arm en 'n been sou gee om op die vliegtuig na die Wêreldbeker te wees.”



DIE 'HARD GRAFTERS'

Tussen Covid-19 deur het die Eagles-groep die afgelope maande baie onsekerheid deurgemaak, maar het volgehou om op en van die veld baie hard te werk.

Op die oefenveld en met fiksheidswerk is daar weinig beter as Karl Birkenstock (25), Stephen Baard (29), Zane Green (24) en Bernard Scholtz (30) om die pas te gee, sê Erasmus.

“Hierdie vier ouens maak beurte om die span se rekords in fiksheidstoetse te oortref.”

Niemand het 'n harder kern as Birkenstock nie – die span se rekordhouer om die plankposisie vir 12 minute te kan volhou. “Kalla sê hy het al op sy eie 14 minute gedoen. Hy vaar gewoonlik ook die beste in ons tydtoetse oor 2.7 kilometer.”

Zane Green is op sy beurt die yster wanneer die manne moet opstote (push-ups) doen tot hulle nie meer kan nie. Die Namibiese paaltjiewagter en aanvangskolwer eindig gewoonlik iewers tussen honderd en 110.

“Elkeen van ons spanlede se fiksheidstoetse het oor die laaste drie jaar in alle fasette merkwaardig verbeter en almal handhaaf 'n hoë standaard. Baie hiervan is te danke aan Michiel Greeff, biokinetikus van BRG, asook ons dieetkundige Karlien Gouws (ons noem haar die rooivleis-rower), maar ook aan elke speler se eie toewyding,” sê Erasmus.

Die meeste lede van die Eagles-groep se liggaamsvetpersentasie is minder as tien. “Almal van ons het die laaste jare verbetering in hierdie toetse aangeteken.”

In 'n hardlooptoets soos die “repeated sprint” eindig die meeste spelers op 700 en selfs naby aan 750 meter, wat volgens hom 'n topklas standaard is.

“Baie van ons ouens kan meer as 20 optrekke doen en kom verby 65 of 70 opsitte binne 'n minuut.

“Deur die hele groep is goeie balans in fiksheid en niemand raak juis agter nie. Fiksheid is 'n belangrike faktor as jy op 'n lang toer soos hierdie is. Daar is baie druk, so jy het nodig dat jou lyf reg is om deurentyd vars te wees, te kan dink en konsentrasie te behou en beserings te vermy.”

• Ná die verstryking van hul ses dae kwarantyn komende naweek sal die gasheerspan, die Emirate, komende Dinsdag Namibië se opponent vir die eerste van ses opwarmwedstryde wees. Die Eagles se toernooi begin op 18 Oktober teen Sri Lanka.

FOTO
Fiksheid en atletiese vermoë is een gebied wat Namibië hoop daartoe sal bydra dat sy span by die T20 Wêreldbeker ’n paar deurslaggewende deurbrake onder druk kan maak – soos toe Gerhard Erasmus in 2019 in Dubai hierdie sensasionele vangskoot geneem het om van PNG se Tony Ura ontslae te raak. Foto ICC

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!