Eagles wil Kraanvoëls se stertvere pluk
Krieket
Tielman van Lill – Krieket Namibia het sy senior nasionale groep van 18 spelers bekendgemaak wat van Saterdag by Wanderers in die Castle Lite-reeks teen Uganda gaan speel.
Die Eagles sal eers in drie T20-botsings hul staal moet wys en op 7 en 8 April word twee eendagwedstryde (50 boulbeurte) beslis.
Die Eagles durf die Kraanvoëls met ’n gesoute groep aan, maar sonder die invloedryke aanvangskolwer en paaltjiewagter, Zane Green, wat net soos Picky Ya France (regterarmdraaibalbouler en kolwer) beseer is.
Michau du Preez het ná ’n lang afwesigheid sy pad terug oopgeveg en is saam met JP Kotzé kandidate om die handskoene by Green oor te neem.
Vier betreklik nuwe gesigte is Divan la Cock, Dewald Nell, Michael van Lingen en Shaun Fouché, wat almal Namibië op o.19-vlak verteenwoordig het en die afgelope maande in die senior oefengroep geslyp is.
Mnr. Johan Muller, hoofbeampte van Krieket Namibië, is ingenome met die beplanning van die komende maande.
“Ons is baie opgewonde oor Uganda se besoek. Ons spelers is honger vir aksie, want dit is ons eerste internasionale wedstryde sedert 2019. Kort ná die Uganda-toer sal ’n Suid-Afrikaanse uitnodigingspan hier kom speel en dan is ons besig om vir middel Mei ’n toer na Nepal te reël. Dus is Uganda se besoek ’n baie belangrike losmaker om al ons spelers weer wedstrydgereed te kry.
“Waaroor ons ook opgewonde is, is die feit dat ons die wedstryde by drie venues gaan beeldsaai. Krieketliefhebbers kan by die Grove-inkoopsentrum, The Dome in Swakopmund en Wanderers se lapa in Pionierspark die spel op groot skerms kyk. Die wedstryde kan ook op Cricket Namibia se Facebook-blad met lewendige kommentaar gevolg word.
“Van die wedstryde sal op NBC 2 gewys word – die eerste keer dat hulle die sportkode regstreeks beeldsend. Ons nooi mense hartlik uit om die drie venues te besoek en ons spelers te ondersteun.
“Die drie T20-wedstryde (Saterdag van 14:30 en Maandag om 10:00 en weer van 14:30) word deur NBC 2 uitgesaai,” het Muller aan Republikein gesê.
Gerhard Erasmus, die Eagles-kaptein, sê: “Ons het 13 maande laas internasionale krieket gespeel en is opgewonde om die Kraanvoëls te ontvang. Natuurlik ken ons die plaaslike omstandighede en kolfblad beter as hulle, maar ons verwag baie sterk teenstand. Uganda sal in goeie gees hier aankom en het beslis iets om teen ons te bewys, want ons is het tans ODI-status, wat hulle nie het nie.
“Die Eagles sien geweldig uit na die uitdaging om weer te speel. Dit is jammer dat ons sonder toeskouers met speel, en sonder Picky Ya France en Zane Green wat steeds beseer is. Maar ek glo die ander manne is 100 persent reg.”
Die Eagles-groep is:
Gerhard Erasmus (kaptein, regterarmdraaibalbouler en kolwer, WHS Old Boys)
Tangeni Lungameni (linkerarmnaatbouler, WHS Old Boys)
JP Kotzé (kolwer en paaltjiewagter, Wanderers)
Mauritius Ngupita (regterarmdraaibalbouler en kolwer, WHS Old Boys)
JJ Smit (linkerarmnaatbouler en kolwer, Wanderers)
Jan Frylinck (linkerarmnaatbouler en kolwer, Wanderers)
Karl Birkenstock (regterarmnaatbouler en kolwer, Wanderers)
Ben Shikongo (regterarmnaatbouler, CCD Tigers)
Bernard Scholtz (linkerarmdraaier, Wanderers)
Nicol Loftie-Eaton (kolwer en regterarmdraaibouler, CCD Tigers)
Craig Williams (kolwer en regterarmnaatbouler, WHS Old Boys)
Michael van Lingen (kolwer, Welwitschia)
Stephen Baard (kolwer, CCD Tigers)
Michau du Preez (kolwer en paaltjiewagter, Wanderers)
Dewald Nell (regterarmnaatbouler, Wanderers)
Divan la Cock (regterarmdraaier, kolwer, WHS Old Boys)
Shaun Fouché (kolwer, United)
Ruben Trumpelmann (linkerarmnaatbouler).
Bestuurspan: Pierre de Bruyn (hoofafrigter), Albie Morkel (konsultant), Fortune Matawu (hulpboulafrigter), Gareth Cloete (hulpveldwerkafrigter), Picky Ya France (spanbestuurder), Riaan Minnie (tegniese ontleder), Janine Snyman (fisioterapeut).
VYFTIG-PLUS
In die Castle Lite-reeks vir spelers ouer as 50, besoek ’n span van Zimbabwe Windhoek dié week om ’n plaaslike uitnodigingspan in twee T20-kragmetings en twee 45-beurtwedstryde aan te durf.
Francois Erasmus, onderkaptein van Namibië, sê hulle wil die geleentheid gebruik om hulself teen ’n topklas opposisie te meet.
“Zimbabwe is ’n volwaardige ICC-lidland en van hul spelers wat kom, het toetse en ODI-wedstryde gespeel. Die reeks sal beslis ons talent en mededinging op die proef stel.
“Zimbabwe is ’n uiters mededingende teenstander, maar ons is vol vertroue. Ons het die T20-wedstryde in die oog om ’n opskudding te veroorsaak. Die 45-beurtwedstryde gaan taaier wees, maar ons hoop om goed te vaar,” het Erasmus gesê.
Die Namibiese span teen Zimbabwe: Ashley Griffith, Andrew Fallis, Dee Thakur, Francois Erasmus, Deon Gouws, Gavin Murgatroyd, Ivor Titus, Wouter du Preez, Louis Nortje, Melt van Schoor, Pieter Theron, Trevor Britten, Willem van Zyl, André Smith, Craig Bassingthwaighte, John L’Estrange.
Die wedstryde: Môre (14:00): T20 by Wanderers. Vrydag en Saterdag (09:30): 45-beurte by United. Maandag (10:00): T20 by United.
– [email protected]
FOTO's
Die naatbouler Dewald Nell, hier in aksie vir BA Blasting in die Richelieu T20 franchise-reeks, is een van die opvallende nuwelinge. Foto Batch Loftie-Eaton
Niko Davin het nie die groep gehaal nie, ondanks sy merkwaardige honderdtal van net 45 balle die afgelope naweek vir MR24 teen BA Blasting in die Richelieu T20 franchise-reeks. Foto Batch Loftie-Eaton

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie