ECN handel nominasies af

Die nasionale kiesliggaam sê hy het in elk van die 121 kiesafdelings en 57 plaaslike owerhede benoemings ontvang.
Denver Kisting
Denver Kisting – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) sê ’n totaal van 493 kandidate is benoem vir die land se 121 kiesafdelings.

Mnr. Theo Mujoro, die hoofkiesbeampte van die ECN, het voorts die afgelope week gesê 93 individue is benoem om as onafhanklike kandidate aan die verkiesings aanstaande maand deel te neem.

Die oorgrote meerderheid van kandidate is mans – 423 – terwyl 70 vroue benoem is.

Partye en onafhanklike kandidate kon tussen 29 September en 16 Oktober hul benoemings van kandidate aan die ECN rig.

Volgens Mujoro het die nasionale kiesliggaam in elk van die 121 kiesafdelings en 57 plaaslike owerhede nominasies ontvang.

Vier kiesafdelings het elk net een nominasie ontvang wat meebring dat daardie kiesafdelings onbestrede is en die kandidate reeds in hul posisies bekragtig is.

Drie van dié kiesafdelings is in die Kavango-Wesstreek, naamlik Nkurenkuru, Tondoro en Mankumpi, terwyl een in die Oshanastreek is, naamlik Uuvudhiya.

Wat die plaaslike owerhede betref, sal 18 politieke partye en 13 verenigings mekaar die stryd aansê, het Mujoro gesê.

Volgens hom sal meer besonderhede bekend gemaak word sodra die bevestigingsproses van genomineerdes afgehandel is.

In dié stadium is daardie proses steeds hangend, het Mujoro gesê.

Die ECN beoog om teen 6 November al die besonderhede van politieke partye, onafhanklike kandidate en verenigings in die Staatskoerant te publiseer.

Die finale kiesregister sal ook teen daardie datum gepubliseer word, het Mujoro gesê.

Namibiërs neem op 25 November vanjaar aan die streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings deel. ’n Spesiale stemdag is vir 23 November geskeduleer.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!