ECN is sy eie grootste vyand
Die verandering verlede week van sekere verkiesingsuitslae deur die Verkiesingskommissie (ECN) – sonder 'n amptelike verduideliking aan die publiek – tel glad nie in die guns van die belangrike waghond vir die demokrasie nie.
Die aanpassing het byna vyf dae ná die aankondiging van “finale” uitslae geskied; sowat agt dae ná stemdag.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) se Namibia Fact Check-projek verdien krediet vir hul ontbloting van 'n growwe fout in uitslae vir die presidensiële verkiesing in Windhoek se landelike kiesafdeling.
Die omvang van die glips maak dit vir kritici van die ECN moeilik om in 'n menslike fout eerder as knoeiery te glo. In hul hand is dit 'n rottang wat in als ingelê is.
Dieselfde ECN wat probleme op stemdag dramaties onderbeklemtoon het, het Maandag verkies om te swyg omdat kiesuitslae dalk in die hof uitgedaag gaan word.
Verswyging tel eerder teen die ECN? Of soek hulle intern nog foute?
Die indruk laataand op 30 Desember was die ECN wou ten alle koste finale uitslae aankondig, sonder dat alle kiesafdelings se uitslae nog individueel bekendgemaak was. Toe was die ECN al 'n dag laat met die beloofde aankondiging van uitslae binne 48 uur.
Namibia Media Holdings (NMH) kon self vinniger as die ECN betroubare uitslae bekendmaak.
Republikein ondersteun nie onbewese samesweringsteorieë oor sistematiese en grootskaalse kiesbedrog nie, maar stem saam die foute wek onnodige snuf in die neus. Snuf wat die ECN uit die weg moet ruim.
So sê ander
10 Desember 2019
Hofuitspraak oor kinders gaan van media fyntrap vra
Hoe fyn genuanseerd regsmenings kan wees, blyk daaruit dat 'n meerderheidsuitspraak (sewe regters) en twee minderheidsuitsprake (twee en drie regters onderskeidelik) gelewer is toe die konstitusionele hof besin het oor 'n aansoek van die Centre for Child Law en andere wat deur Media24 en ander mediahuise teengestaan is.
Die hoofsaak is dat in al drie uitsprake beslis is dat minderjarige slagoffers in 'n strafsaak nie meer geïdentifiseer mag word nie. Ook bepaal die geldende meerderheidsuitspraak dat die identiteit van sodanige slagoffers, getuies en beskuldigdes, selfs nadat hulle 18 word, verswyg moet bly, tensy hulle toestemming verleen of die hof hul identifisering magtig.
Vir die media wat as spieël van die werklikheid in openbare belang volledig ook oor gure gebeure wil berig, is dit nie so eenvoudig nie. Die uitspraak dra by tot 'n mynveld van wetlike voorskrifte wat nie met nuuskinkels en ongewone strafregtelike gevalle rekening hou nie.
Die skaakmatsituasies vir nuusberiggewing is eindeloos. Die stroom inligting op sosiale media, ook oor minderjariges se identiteit, is moeilik beheerbaar, maar die nuusmedia kry 'n muilband.
Taai nuusbesluite en risiko gaan daar altyd wees. Ondanks frustrasie wil die boodskappers nie die wet oortree nie. Daar gaan ekstra deeglik besin en fyn getrap moet word.
• VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie