ECN ‘neem kennis’ van Shalli-sage
Die oudgeneraal se omstrede uitlatings bots duidelik met die gedragskode vir politieke partye.
Denver Kisting – Die voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), adv. Notemba Tjipueja, het gister in ’n bondige verklaring gesê dié liggaam neem kennis van uitlatings wat die afgetrede weermagbaas, lt.genl. Martin Shalli, die afgelope naweek gemaak het.
In dieselfde asem sê Tjipueja die nasionale verkiesingsliggaam neem kennis daarvan dat Shalli sedert sy gewraakte uitlatings op ’n Swapo-saamtrek op Okahandja om verskoning gevra het.
Tydens dié verkiesingsgeleentheid het Shalli gesê mense wat die regerende party verlaat om óf by ander partye aan te sluit óf ander partye te vorm, is verraaiers en behoort vermoor te word.
Tjipueja sê in gister se twee bladsy lange verklaring: “Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het met kommer kennis geneem van ’n video wat op verskeie mediaplatforms versprei is waar een van die leiers van die Swapo-party, afgetrede lt.genl. Martin Shalli, gehoor kan word waar hy taal gebruik wat geweld aanhits op ’n onlangse politieke veldtoggeleentheid op Okahandja.”
Sy sê dié optrede was “duidelik” strydig met die gedragskode vir politieke partye tydens verkiesings.
Shalli se uitlatings het hom wyd in die sop laat beland. Naas strafregtelike klagte wat die Popular Democratic Movement (PDM), die amptelike opposisie, aanhangig gemaak het, het senior Swapo-lede ook geëis dat hy om verskoning vra én die stellings terugtrek.
Me. Toni Hancox, direkteur van die Regshulpsentrum (LAC), het in ’n verklaring gesê dit maak nie saak wat die konteks was waarin Shalli die uitsprake gemaak het nie. Sy uitsprake was roekeloos en gevaarlik, het sy gesê.
Shalli het laat Maandagmiddag wel op nasionale televisie askies gesê vir die stellings.
Tjipueja herinner partye opnuut aan die bepalings van die gedragskode en dat dié liggame moet verseker hul lede vergewis hulle van die inhoud daarvan.
Sy rep egter geen woord oor enige stappe wat die ECN teen Shalli of die regerende party sal doen nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie