ECN: ‘Tafel is gedek’
Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) beloof ’n skoon, regverdige, deursigtige en geloofwaardige verkiesing.
Catherine Sasman en Tanja Bause – Om 07:00 vanoggend open die stemlokale waar 1 358 468 geregistreerde Namibiese kiesers hul stemme in die presidensiële en Nasionale Vergadering-verkiesings kan uitbring.
Dit is die sesde keer sedert Namibië se geskiedkundige eerste demokratiese verkiesing in 1989 dat die land se burgers na die stembus gaan.
Die lokale sluit om 21:00, wat beteken kiesers het 14 ure tyd om te gaan stem. Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het die versekering gegee elkeen wat voor 21:00 in die ry is om te stem, sal toegelaat word om hul stem uit te bring.
Die voorsitter van die ECN, adv. Notemba Tjipueja, het benadruk die kommissie is “onvoorwaardelik tot vrye, regverdige, deursigtige en geloofwaardige verkiesings” verbind.
Sy het alle politieke partye, kandidate, partylede en ondersteuners aangemoedig om by die bepalings van die gedragskode vir politieke partye en die basiese regte en pligte van kiesers te hou.
Tjipueja sê die 2019-verkiesings het goed afgeskop met die spesiale verkiesings wat op 13 November plaasgevind het waartydens seevaarders, lede van die weermag en polisie, sowel as Namibiërs in lande waar Namibië buitelandse sendings het, gestem het.
Tjipueja sê die spesiale verkiesings het in ’n vreedsame en kalm atmosfeer plaasgevind, wat tydens die voorverkiesingstydperk oraloor die land geheers het. Geen voorvalle van geweld of intimidasie is by die ECN aangemeld nie.
Die uitslae van die stemme wat tydens die spesiale verkiesing uitgebring is, sal saam met die res van die uitslae in die onderskeie kiesafdelings getel word. Die uitslae van buitelandse sendings sal deur die terugkerende beamptes versamel word nadat die stemlokale vanaand sluit.
Die tema van vanjaar se verkiesings is “die bevordering van inklusiewe deelname”, wat die belangrikheid van deelname deur alle verkiesbare individue en groepe in die Namibiese gemeenskap onderskryf en wat gemarginaliseerde gemeenskappe en mense insluit wat met gestremdhede saamleef.
Daar is 11 presidensiële kandidate, insluitend die onafhanklike kandidaat, dr. Panduleni Itula, sowel as die leier van die Republikeinse Party (RP), mnr. Henk Mudge, en die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) se mnr. Efrans Mukwillongo.
Die RP en NEFF het albei die ECN genader om hul presidensiële kandidate te verwyder.
Die ECN het die versoek geweier omdat dit ná die sluiting van nominasies van kandidate op 18 Oktober ingedien is.
15 PARTYE, EVM’s
Vyftien politieke partye neem aan die Nasionale Vergadering-verkiesing deel.
Die ECN het die voortgesette gebruik van die elektroniese stemmasjiene (EVM’s) sonder die kieser-verifieerbare papierouditspoor (VVPAT) beklemtoon.
Laasgenoemde beteken die bepaling van die verkiesingswet wat die VVPAT vir elektroniese stemme reguleer, bly opgeskort.
’n Totaal van 2 540 EVM’s is by 4 241 vaste en mobiele kieslokale oraloor die land ontplooi.
Volgens die ECN is alle EVM’s onderwerp aan ’n eerstevlak-ondersoek voordat dit in die verkiesings gebruik word. ’n Totaal van 6 080 EVM’s is van 9 tot 24 September aan die ondersoek onderwerp om te verseker alles is in orde, het die ECN gesê.
Tjipueja sê alle politieke partye is uitgenooi om getuies van die ondersoeke te wees.
Volgens die ECN het hy streeksdepots waar niesensitiewe verkiesingsmateriaal gehou word. Dit sluit die Khomasstreek uit. Alle sensitiewe materiaal word by die logistieke bergruimte by die ECN-hoofkwartiere in Windhoek gehou waar dit sentraal bestuur word vir verspreiding en versending na alle streekdepots.
Tjipueja sê die publiek kan verseker wees alle veiligheidsmaatreëls is met die Namibiese polisie getref om oor die perseel en die verkiesingsprosesse wag te hou.
UITSLAE
Die verkiesingsuitslae word by die stemlokale deur voorsittende beamptes bekend gemaak deurdat die uitslae buite elke stemlokaal opgeplak word.
Die ECN sê egter hy gaan nie die uitslae van die stemlokale op enige van sy platforms bekend maak nie.
In die verband sê die ECN politieke partye moet ten minste een verteenwoordiger elk by elkeen van die 121 versamelsentrums in elke kiesafdeling hê waar hulle die gekombineerde uitslae van stemme wat in die kiesafdelings uitgebring is, kan ontvang.
Die uitslae wat by dié versamelsentrums deur die terugkerende beamptes bekend gemaak is, sal na die sentrale verkiesingsuitslagsentrum (CERC), die ECN se hoofkantoor in Windhoek, gestuur word vanwaar alle uitslae saamgevoeg en gekonsolideer en uiteindelik aan die media en die hele land versprei sal word.
Volgens Tjipueja is ’n voorlegging oor die werksaamhede van die uitslae se oordrag en bestuurstelsel (RMS) op 25 November aan politieke partye gemaak om deursigtigheid te bevorder.
WEERMAG
Intussen het die Namibiese weermag (NDF) gister gesê hy is bekommerd oor individue en groepe wat op sosiale media ontstellende aanhitsings van geweld, sluipmoorde, chaos en oorlog maak.
“Hierdie gevaarlike insinuasies is daarop gemik om kiesers te intimideer en om weersin teen die leierskap, veral teen die president en die regering te kweek en om vrees in te boesem,” het genl.maj. Josua Nahindo, stafhoof van gesamentlike operasies, gesê.
“Die NDF neem die dreigemente ernstig op en het sekuriteit opgeskerp en die nodige reëlings getref om die gemeenskap te beskerm. Ons waarsku die verspreiders van die boodskappe om onmiddellik daarmee op te hou.
“Dit is ’n ieder en elk se verantwoordelikheid om te verseker vrede en stabiliteit seëvier in Namibië en dat oortreders aangemeld word.”
- [email protected]/[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie