ECN wen ronde oor AR
ECN wen ronde oor AR

ECN wen ronde oor AR

Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die verkiesingstribunaal het ’n aansoek deur die Regstellende Herposisionering (AR) van die hand gewys waarvolgens dié beweging wou hê die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) moet – soos die wet vereis – deurlopende registrasie van kiesers implementeer.

Die voorsitter van die tribunaal, landdros Uatjo Uanivi, het Woensdag gesê die tribunaal beskik nie oor die gesag om dié kwessie te besleg nie.

“Die beweging het beuselagtig opgetree deur die aansoek te bring en om voort te gaan met die saak. Die verkiesingstribunaal kan dus nie deurlopende registrasie in werking stel nie. Die aansoek word met koste van die hand gewys.”

In vroeëre betogings het die AR daarop gesinspeel dat die ECN se versuim om deurlopende registrasie van krag te maak, talle stemgeregtigde kiesers benadeel het.

Die regsverteenwoordiger van die AR, mnr. Kadhila Amoomo, het gesê die tribunaal moenie in sy beslissing die tegniese punte wat die ECN geopper het, oorweeg nie.

Volgens hom moes die liggaam eerder sy uitspraak op die meriete van die saak skoei.

Die deurlopende registrasieproses is een van drie registrasieprosesse wat die ECN by magte is om aan uitvoering te gee kragtens die kieswet.

Dit het ten doel om aan daardie stemgeregtigde kiesers, wat nie tydens die ander twee prosesse geholpe raak nie, ’n geleentheid te bied om te registreer.

Die ander twee registrasieprosesse is die algemene registrasie wat elke tien jaar geskied en die aanvullende registrasie, wat voor ’n spesifieke verkiesing plaasvind.

Die voorsitter van die ECN, adv. Notemba Tjipueja, het by navraag gesê Woensdag se beslissing kom as geen verrassing nie.

“Ons is tevrede, omdat ons betoog het die tribunaal beskik nie oor die jurisdiksie nie, en daarom was dit nie nodig om die meriete van die saak in berekening te bring nie. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!