Edcon: Hernude vrese oor likwidasie
Nellie Brand-Jonker – Die sukkelende winkelreus Edcon swyg steeds oor die besonderhede van gesprekke met belangegroepe oor ’n reddingsplan om sy deure oop te hou, maar sê hy maak vordering.
“Edcon is in die finale stadium van die gesprekke met alle belanghebbendes,” het ’n ongeïdentifiseerde woordvoerder van die groep op vrae geantwoord.
Die maatskappy het weer geskuil agter vertroulikheidsooreenkomste om nie spesifieke besonderhede van dié gesprekke bekend te maak nie.
Dit kom nadat die klerewerkersvakbond Sactwu Maandag in ’n verklaring hernude kommer uitgespreek het oor werkverliese as die maatskappy se finansieringskrisis “nie binne die volgende dag opgelos word nie”.
Edcon het ’n reuseskuldlas en selfs nadat sy skuld in 2016 herstruktureer is deurdat banke aandele in die maatskappy gekry het in ruil vir hul lenings, het sy skuld weer tot R7 miljard aangegroei.
Edcon het in 2018 onsuksesvol probeer om ’n koper te vind.
Sunday Times het in Desember berig die swak aptyt van kopers word toegeskryf aan Edcon se reuseskuld, die feit dat hy te veel winkels het en dalende kredietverkope. Luidens dié berig was die maatskappy op die punt om gelikwideer te word en is winkelsentrums gevra om hul huurgeld te verlaag in ruil vir ’n belang in Edcon.
’n Brief aan verhuurders wat Sunday Times onder oë gehad het, waarsku glo Edcon sal gelikwideer moet word indien sy aanbod nie aanvaar word nie.
Grant Pattison, uitvoerende hoof, het ontken Edcon is op die rand van likwidasie.
Die groep het net voor Kersfees gesê sy direksie het ’n plan goedgekeur om hom te herkapitaliseer. In reaksie daarop het sy leners die uitstel vir die terugbetaling van skuld verleng sodat hy tyd het om die plan in werking te stel.
Bloomberg het op 23 Januarie berig Edcon is in gesprekke om R3 miljard se finansiering te kry waarvan sowat R1,8 miljard luidens bronne van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gesoek word.
Verhuurders sou glo sowat R700 miljoen bydra deur huurgeld te verlaag en banke sowat R500 miljoen.
Die afgelope 18 maande het Edcon reeds 115 winkels gesluit en sy spasie met 7% verminder.
Einde Januarie het Bloomberg berig Pattison sê hy maak vordering om die R3 miljard te kry om sy deure oop te hou.
Mail & Guardian het berig volgens Pattison hang die plan om Edcon te red net soveel daarvan af om ’n nuwe belegger te kry as om ’n ooreenkoms met verhuurders en leners te bereik. “Die huidige transaksie is onvolhoubaar as hulle nie almal aan boord is nie,” het hy gesê. Pattison het toe bevestig die OBK is vir finansiering genader.
Pattison het ook gesê Edcon sluit winkels en maak winkels kleiner terwyl die gesprekke plaasvind.
Edcon se woordvoerder het Maandag gesê “soos ons voorheen gesê het, kan ons bevestig ons het wesenlike ondersteuning van alle belangepartye, waaronder verhuurders”.
Sactwu is die tweede vakbond binne ’n week wat hernude kommer uitspreek dat meer as 100 000 poste in die land in gedrang kan wees.
Etienne Vlok, ’n senior navorser van Sactwu, sê daar word gevrees Edcon kan gelikwideer word as hy nie vinnig die finansiering goedgekeur kry nie.
Sactwu, wat werkers verteenwoordig in die klerefabrieke by wie Edcon klere koop, en Saccawu, wat van die werkers in winkels verteenwoordig, het glo einde Januarie ’n voorlegging aan die Werkloosheidversekeringsfonds (WVF) se direksie gedoen om finansiering vir Edcon te probeer verkry.
Vlok sê dit is duidelik dat finansiering “uiters dringend” gekry moet word.
Sactwu het ’n beroep op die WVF en die OBK gedoen om die finansiering vir die reddingsplan van Edcon te versnel.
Verlede week het die gesondheidswerkersvakbond Nehawu gesê hy is uiters bekommerd oor die moontlikheid dat Edcon sy deure kan sluit. Volgens Nehawu het die WVF reeds ’n belegging in Edcon goedgekeur, maar die proses word deur die OBK opgehou. Die OBK is die WVF se batebestuurder.
Nehawu sê die oponthoud by die OBK hou met burokrasie verband en dit gaan lei tot Edcon se ineenstorting. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie