Edcon klop by OBK aan vir R1,8 mjd.
Edcon klop by OBK aan vir R1,8 mjd.

Edcon klop by OBK aan vir R1,8 mjd.

Die kleinhandelaar Edcon is glo op soek na sowat R3 miljard in finansiering om te keer dat hy bankrot gaan.

Bronne wat anoniem wil bly, sê die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) kan moontlik R1,8 miljard aan Edcon gee om hom te help.

Die OBK belê onder meer die geld van staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF).

Daar is tans ’n kommissie van ondersoek wat juis kyk hoe die OBK die afgelope paar jaar beleggingsbesluite geneem het.

Dit volg nadat hy onder meer R4,3 miljard in Iqbal Survé se Ayo Technologies belê het sonder dat enige behoorlike prosesse gevolg is.

Ander bedenklike transaksies en beleggingsbesluite word ook deur die Mpati-kommisie ondersoek.

Sekgoela Sekgoela, woordvoerder van die OBK, het in antwoord op ’n vraag deur Bloomberg bevestig dat hy ’n voorstel van Edcon ontvang het.

Hy sê ’n besluit sal geneem word nadat die gepaste prosesse wat betref beleggings afgehandel is.

Bloomberg berig verder dat verhuurders nóg R700 miljoen deur middel van laer huur en banke sowat R500 miljoen aan Edcon kan beskikbaar stel.

“Die direksie van Edcon het die struktuur van die voorgestelde herkapitaliseringsplan goedgekeur.

“Leners het in reaksie daarop langer tyd toegelaat (vir terugbetaling van skuld) om Edcon toe te laat om die plan in werking te stel,” sê ’n woordvoerder van Edcon.

“Die direksie waardeer die ondersteuning van alle belanghebbendes van die groep en die verbintenis wat hulle tot die maatskappy toon.”

Edcon, wat 89 jaar oud is, het sowat 21 000 werknemers in diens.

Met meer as 1 100 winkels in Suider-Afrika het die maatskappy finansieel begin sukkel weens toenemende mededinging, swak verbruiksbesteding en stagnante ekonomiese groei in Suid-Afrika. Dit is in 2016 deur banke en verbandhouers oorgeneem om te voorkom dat dit misluk.

Teen einde Junie 2018 het sy skuld met 67% tot R7 miljard gestyg teenoor die R4,2 miljard van ’n jaar tevore.

Verkope het in dié tyd met 8,5% gedaal.

– Bloomberg, verwerk/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!