• Tuisblad
  • Sake
  • Edcon se eienaars ‘stap weg’ van winkelgroep
Edcon se eienaars u2018stap wegu2019 van winkelgroep
Edcon se eienaars u2018stap wegu2019 van winkelgroep

Edcon se eienaars ‘stap weg’ van winkelgroep

Krediteure neem beheer oor
Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - Die krediteure van die Suid-Afri­kaanse winkelgroep Edcon gaan beheer van dié sukkelende maatskappy oorneem.
Dit is die gevolg van maande­lange onderhandelinge met krediteure om sy groot skuldlas te verminder. Die doel hiervan is om te keer dat die maatskappy ondergaan, wat sou meebring dat krediteure waarskynlik geen geld sou uitkry nie, sê ’n ontleder.
Edcon besit onder meer Edgars, Jet, Boardmans en die CNA.
Die krediteure wat beheer van Edcon oorneem sluit in Franklin Templeton en die Harvard-pensioen­fonds asook Barclays Africa en First­Rand.
Franklin Templeton word die grootste aandeelhouer.
Edcon het Dinsdag ook aangekondig hy beplan om sy Legit-winkels aan Retailability van Durban te verkoop vir R637 miljoen.
Edcon is sowat ’n dekade gelede gedenoteer toe die Amerikaanse ­private-ekwiteitsgroep Bain Capital aandeelhouers uitgekoop het. Dié transaksie is gefinansier met lenings van pensioenfondse en banke.
Etienne Eloff, portefeulje­bestuurder van FNB Sekuriteite, sê Edcon se skuld verminder met die ­herstrukturering van R27 miljard tot R6 miljard. Die maatskappy behoort nou ten minste weer ’n wins te wys, sê hy.
Bernie Brookes, uitvoerende hoof van Edcon, beskryf dit as ’n belangrike mylpaal.
Hy het volgens Reuters in Maart gesê Edcon het ’n “katastrofiese” situasie bereik waar gekies moes word tussen ’n sakeredding of om nie skuldbriefhouers te betaal nie.

Krediteure
Daarna het krediteure ingewillig om die terugbetaling van skuld uit te stel en die maatskappy moes nog R1,5 miljard se oorbruggingsfinansiering kry. Die krediteure het ook ingestem om ’n bykomende R2,8 miljard aan die maatskappy te gee om sy likiditeitsposisie te verbeter. Daarmee sal die oorbruggingsfinansiering terug betaal word.
Brookes sê die nuwe plan maak Edcon se toekoms duideliker en sal die bestuur in staat stel om sy omkeer te versnel.
Die krediteure sal direkteure aanbeveel wat op Edcon se direksie sal dien.
Hy sê dit toon dat die groep wesenlike ondersteuning van sy krediteure­ kry om te verseker dat die winkelgroep kan voortgaan.
Volgens hom is die omkeerplan vir die bedrywighede goed onderweg. “Die voltooiing van die proses om ons skuld te verminder, sal verseker dat Edcon die grootste Suid-Afrikaanse winkelgroep bly,” sê hy.
Brookes het gesê dat ’n notering dalk oor twee tot drie jaar oorweeg sal word.
Bain Capital gaan glo wegstap van die transaksie.
Reuben Beelders, ’n portefeuljebestuurder van Gryphon Batebestuur, sê die pyn word beslis deur Bain gevat. Beelders meen hoe suksesvol Edcon se omkeer is, is belangrik omdat dit ’n impak op sy mede­dingers in die bedryf gaan hê.

Só lyk die jaarsyfers
Edcon het ook sy resultate vir die jaar tot einde Maart bekend gemaak en vir die kwartaal tot einde Junie. Sy verkope het met 1,3% tot R27,1 miljard in die jaar gedaal.
In winkels wat in die vorige jaar oop was (dus uitgesluit nuwe winkels) het verkope met 3,2% gedaal. Dit is grootliks omdat die verkope op krediet met 10% gedaal het.
Brookes sê die nuwe krediet­regulasies wat in September 2015 in werking getree het, het ’n groot impak op kredietverkope gehad. Volgens hom is die impak sowat R297 miljoen.
Sowat 38% van verkope vind nou op krediet plaas vergeleke met 42% verlede jaar.
Sy aangepaste wins voor rente, belasting, depresiasie en amortisasie het met 1,7% gedaal.
In die kwartaal tot einde Junie het sy daling in verkope voortgeduur. Sy verkope het met 8% gedaal en in dieselfde winkels wat in die ooreenstemmende jaar oop was het dit met 9,8% geval.
Die grootste daling in verkope was in Edgars, waar verkope met 10% gedaal het. Sy vergelykende verkope het met 12% gedaal.
Verkope in sy afslagwinkels Jet en JetMart het ook met 9% in die kwartaal gedaal.
Volgens Brookes het Edcon in die kwartaal op sy kontantvloei gefokus,wat beteken dat van alle oortollige voorraad met uitverkopings ontslae geraak is. Dit het in die tweede kwartaal voortgeduur.
 - Netwerk24
Wie is Edcon?
Edcon is Suid-Afrika se grootste winkelgroep wat nie kruideniersware verkoop nie. Sy markaandeel in klere en skoene is byna twee keer die van sy naaste mededinger.
Die groep het in 1929 sy eerste winkel geopen en het nou 1542 winkels in Suid-Afrika, Botswana, Mosambiek, Namibië, Swaziland, Lesotho, Zamibië, Ghana en Zimbabwe.
Sy winkels sluit in Edgars, Boardmans, Red Square, Jet, JetMart en CNA.
Die maatskappy verkoop ook Topshop Topman, Tom Tailor, Dune, Lucky, T.M. Lewin, Lipsy, Salsa, River Island, GEOX, Dr. Martens, Vince Camuto, Jessica Simpson, Calvin Klein, CR7, Inglot, La Senza en Accessorize.
Sy lojaliteitsprogram Thank U is die grootste in Suid-Afrika en 12 miljoen kliënte maak daarvan gebruik.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!