Eddie knorrig oor sy spankeuses gekap word
Eddie knorrig oor sy spankeuses gekap word

Eddie knorrig oor sy spankeuses gekap word

Drie spelers wat bande met Nieu-Seeland het, is in sy oefengroep ingesluit.
Andrew Poolman
Eddie Jones, Engeland se rugbyafrigter, sal “by die reëls hou” as hy spelers vir nasionale diens oproep en hy sal voortgaan om die beste beskikbare spelers te kies, ongeag hoe hulle kwalifiseer om die land te verteenwoordig.

Die Australiër het sy besluit verdedig om die Nieu-Seelanders Willi Heinz, Jason Woodward en Denny Solomona asook die Suid-Afrikaner Nick Schonert by sy oefengroep in te sluit.

Engeland berei voor vir 'n kragmeting op 28 Mei teen die Barbarians op Twickenham.

Jones, wat gereeld kritiek verduur weens sy besluit om spelers te kies wat nie in Engeland gebore is nie, sê sy opsies is beperk weens die vertrek van sleutelspelers wat saam met die Britse en Ierse Leeus in Nieu-Seeland toer.

Hy sê sy enigste fokus is nou op die Wêreldbekertoernooi in Japan in 2019.

“Dis nie my verantwoordelikheid om my te bekommer oor hóé die spelers kwalifiseer nie, dis my taak om die spelers te kies wat wél kwalifiseer,” het 'n sigbaar geïrriteerde Jones aan 'n verslaggewer van The Times gesê.

“Ek gee nie eintlik om hoe hulle kwalifiseer nie. Ek sal die geskikte spelers kies. Dis wat die reëls bepaal en ek hou streng daarby, soos 'n goeie onderwyser sou.

“Ek het geen beheer oor wie kwalifiseer en wie nie. Dis nie my werk nie.”

Heinz, Woodward en Schonert kwalifiseer om vir Engeland te speel omdat hulle 'n Britse ouma of oupa gehad het, terwyl Solomona verkiesbaar is omdat hy al lank genoeg in Engeland woon.

“Ons mis 15 Leeus-spelers, ons is sonder die spelers van Saracens, Exeter, Wasps, Leicester Tigers en Northampton. Wie verwag jy moet ek kies?” het Jones aan die verslaggewer gevra.

“Toe, sê jy vir my . . . Wie is daar oor om te kies? Ek kyk na alle opsies. Jy insinueer dat ek nie my huiswerk gedoen het nie. Dís wat jy doen.

“Ek kies die beste beskikbare spelers vir Engeland. In sommige posisies is ons oorgelaat aan die agtste of negende beste speler. Ons sal nooit weet wanneer ons wel dié spelers nodig gaan kry nie.

“Ons kan dalk in die WB-toernooi in 2019 die eindstryd haal en dan moet ons op keuse nr. 5 op skrumskakel se knoppie druk. Nou weet ek.” - Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!