• Tuisblad
  • Sake
  • Edgars kan Maart-salarisse, nie verskaffers betaal
Edgars kan Maart-salarisse, nie verskaffers betaal
Edgars kan Maart-salarisse, nie verskaffers betaal

Edgars kan Maart-salarisse, nie verskaffers betaal

Die maatskappy kon weens die daling in omset en die daling wat verwag word van klante wat rekeninge moet betaal, vandeesmaand net salarisse betaal.
Nellie Brand-Jonker



Die Edcon-groep wat reeds sukkel om kop bo water te hou, het aangekondig sy omset het 45% geval in die afgelope twee weke sedert mense die eerste keer gevra is om by hul huise te bly.

Die Edcon-groep besit Edgars en Jet.

Die verkope van die groep gaan in Maart R400 miljoen onder die begroting wees.

Die maatskappy kon weens die daling in omset en die daling wat verwag word van klante wat rekeninge moet betaal, vandeesmaand net salarisse betaal.

Fin24 het berig Grant Pattison, uitvoerende hoof, was in trane toe hy Donderdag verskaffers daaroor moes inlig.

Edcon sal geen rekeninge kan betaal in die tydperk nie, lui die verklaring.

Die inperking van 21 dae gaan na raming meebring dat Edcon R800 miljoen in omset verloor.

Einde April gaan hy met 'n wesenlike tekort aan kontant sit.

“Ons bevind ons in ­ongekende waters en in 'n tyd van groot ­onsekerheid,” sê Pattison.

Hy meen wat Edcon ervaar, is 'n vroeë aanwyser van wat sowel die regering as baie ander ondernemings gaan beleef ná die inperking.

“Ons omkeer wat Februarie 2019 begin het, was 'n moeilike pad. Die omkeerstrategie het reeds talle winde van voor gehad.”

Pattison sê Maart is een van die maande wat tradisioneel 'n kontantvloei-kopseer vir Edcon bring.

“Die inperking kon nie op 'n slegter tyd kom nie.”

Tans fokus die maatskappy op die inperking. Sodra dit gedoen is, sal die fokus geplaas word op die sakeplan wanneer die inperking eindig.

“Ons werk met die regering en ander belangegroepe om te verstaan watter hulp ons kan kry.”

Edcon het reeds verlede jaar geld van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) gekry om hom aan die gang te hou.

“Ons kan nie tans meer inligting verskaf nie, maar sal almal ingelig hou sodra ons kan.”

Hy het beloof hulle gee nog nie op nie.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!