Edward Hansen koop Joggie-bul vir N$450 000
'n Suksesvolle boeredag Donderdag op die plaas Hartebeestloop naby Stampriet oor genomika, is vervolmaak deur die Hartebeestloop Bonsmaraveiling die daaropvolgende dag waar die duurste bul vir N$450 000 verkoop is.
Die totale aanbod van 33 Bonsmara-bulle uit die Hartebeestloop-stoet is verkoop teen 'n gemiddelde prys van N$87 303, met 'n hoogste prys van N$450 000. Dit is 'n bewys dat die eienaar, dr. Joggie Briedenhann, en sy span juis die vrugte pluk van hul toegewyde fokus op goeie genetika.
'n Stewige aanbod van 66 Bonsmara-koeie met kalwers van Hartebeestloop Bonsmaras en gasverkopers is vir 'n gemiddelde prys van N$18 822 van die hand gesit.
Edward Hansen is die nuwe eienaar van HART 15-0349, die Bonsmarabul van Hartebeestloop wat vir die hoogste prys van N$450 000 verkoop is. Die tweede duurste bul is vir N$290 000 deur André Carlile gekoop.
Lees die volledige berig hieroor in die Junie-uitgawe van Die Boer wat Woensdag 31 Mei verskyn. Onthou, Die Boer, is deesdae ook by 23 takke van Agra dwarsoor die land beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie