Een aand in Goskestraat
Yolanda Nel - Henri van Breda met sy langerige hare en baard en sy blou pak het geen bekendstelling nodig nie. Die afgelope paar jaar sien die publiek hom gereeld op koerantvoorblaaie pryk.
As mens hom op straat sou sien, sou mens jou kon verbeel jy ken hom. Henri sit al maande in die beskuldigde bank in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Hy word daarvan aangekla at hy beide sy ouers en ouer broer met ‘n byl vermoor het. Sy jonger sussie is ook aangeval, maar het dit wonderbaarlik oorleef. Henri self het met geringe beserings ontsnap.
Dit lyk of alle vingers na hom wys. Ons het dit ook gesien in die Griekwastad- en die Oscar Pistorius-moordsaak. Mens wil jouself verbeel jy kan die uitspraak reeds voorspel. Maar dan maak jy Julian Jansen se boek oor die bylmoorde oop en besef onmiddellik – niks is swart en wit nie. Dis alles grys.
Julian vertel nie bloot die storie van Henri van Breda nie. Hy vertel ‘n storie oor die verskriklike druk op ondersoekbeamptes en die polisie en hoe ‘n saak, veral wanneer moord ter sprake is, hul lewe oorneem, om seker te maak die staat kan sy saak bo redelike twyfel bewys.
Hierdie is die storie van ‘n hegte en suksesvolle gesin en hoe een van Suid-Afrika se grusaamste moorde ‘n hele familie in twee geskeur het.
Dit vertel van die trauma wat ‘n gemeenskap beleef het, een só erg dat ‘n vriendin van die vermoorde Teresa langs haar man selfmoord gepleeg het.
Dit vertel van ‘n jong seun se verklaring wat meer vrae as antwoorde bied en ‘n ondersoekspan sonder ervaring. Julian se boek, Die De Zalze-moorde, vertel al hierdie verhale en getuig van ‘n joernalis se deursettingsvermoë en die vermoë om ‘n gebroke familie se vertroue te wen.
Wanneer Henri vir die eerste keer praat, dink jy vir ‘n oomblik hulle het die verkeerde man. Hierdie is nié ’n moordenaar nie. Vir ‘n oomblik empatiseer jy. Hy reageer op presies dit wat die wêreld hom gee – hy word verstoot.
En skuldig of nie – waar is sy ondersteuning in sy donkerste uur?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie