Een dood, ander kritiek ná aanvalle
Otis Finck - Twee mans is in verband met twee afsonderlike steekvoorvalle in die Erongostreek in hegtenis geneem.
Adjunkkommissaris Erastus Iikuyu van die Erongo-polisie het bevestig een persoon is dood en nog een is in ’n kritieke toestand in die hospitaal ná die aanvalle.
’n Moordklag word ondersoek nadat mnr. Karlos Ngairo (19) Vrydag by die Otjimbingwe-kroeg met ’n skerp voorwerp aan die linkerkant van sy nek gesteek is.
“Die slagoffer is na die kliniek geneem waar hy beswyk het. Die verdagte (16) het van die toneel weggevlug en is later in hegtenis geneem. Hy sal in die landdroshof op Karibib verskyn,” het hy gesê.
’n Klag van poging tot moord word ondersoek nadat mnr. Leonard Rooinasie (22) Saterdag vier keer met ’n onbekende skerp voorwerp gesteek is.
Hy is met enigste beserings in die staatshospitaal op Omaruru opgeneem.
“Die voorval het tydens ’n bakleiery in die Tandango-kroeg op die plaas !Kres, sowat 20 kilometer van die Tubusis-nedersetting in die Okambahe-gebied, plaasgevind.”
Die verdagte (25) het van die toneel gevlug en is later in hegtenis geneem. Hy sal in die Omaruru-landdroshof verskyn. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie