Een dood, drie beseer in Darfoer-onluste
Een dood, drie beseer in Darfoer-onluste

Een dood, drie beseer in Darfoer-onluste

Soedan
NAMPA
‘n Student is dood en drie ander beseer toe hulle aan ‘n betoging in El Geneina, die hoofstad van Soedan se Wes-Darfoer-staat, oor die styging van broodpryse betoog het, berig die Sudan Tribune.

Die goewerneur van die staat, Fadl Almula Alhaja, het die sterfte en beserings bevestig.

Hy sê die betogings is deur studente van ‘n private skool georganiseer en dat ondersoek na die voorval ingestel sal word.

Intussen sê ooggetuies in El Geneina honderde studente het Sondag teen die prysverhogings betoog.

Die minister van binnelandse sake, Babikir Digna, het vroeër Sondag in ‘n verklaring gesê “uitdrukking op vreedsame maniere word toegelaat, maar geen sabotasie sal tydens die betogings geduld word nie”.

Die vervaardigers van meel het gesê die prys van ‘n sak meel van 50 kg is van 167 tot 450 Soedannese pond verhoog, wat meegebring het dat bakkerye Vrydag se prys van brood van 0,5 Soedannese pond na een Soedannese pond verhoog het. – Nampa/Xinhua

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!