Een hand moet die ander was
Koos swarts skryf:
Ten spyte van alle pogings deur die munisipaliteit, instansies in die dorp, vertoë van en aan inwoners, mors die morsjorse op Okahandja net meer.
'n Maand gelede het die munisipaliteit 'n geweldige veldtog gehou om die asgate skoon te kry. Ander het sommer die asgate na die rivier toe verskuif, soos die twee foto's van rommel in die rivierbedding aandui.
Ek verstaan van die plotbewoners dat al die rommel in sakke was, soos die een wat ons sien; seker om te herwin, maar iemand het dit kom uitgooi. Nou waarom die instansie dit nie ingegee het om te herwin nie, weet niemand nie.
Die pragtige natuurskoon met wit sand was voor die reën miniatuurgate soos die van Kimberley. Of almal wat kom skep betaal, bly ook 'n ope vraag. Die rivier moes letterlik damme vol maak voor die water die Swakoppoort bereik het.
Aan die ander kant is die ondergrondse waterbron darem gevoed.
Saterdag het ek vir elke groep wat in die rivier kamp, mooi gevra om asseblief op te ruim wat hulle mors. Dis elke persoon se keuse om te drink en "hubbly bubbly" te rook, maar om op te ruim waar jy gemors het, is net goeie maniere, veral as jy niks betaal vir kampeerplek nie.
Die munisipaliteit probeer regtig hul bes, maar 'n swaeltjie maak nie 'n somer nie. As die een hand nie die ander hand was nie, word nie een skoon nie.
Ek verstaan ook van die plotboere dat baie van die inwoners van Vyfrandkamp nie toiletgeriewe het nie. Al daardie afval is ook Swakoppoort toe. Selfs “longdrops” sal al 'n verskil maak.
Die wêreldbevolking is tans 7,3 miljard. Wat sal die tendens wees in 2030, wanneer daar soveel verwagtings gekoester word vir ons mooi land Namibië.
Ek glo stellig die antwoord lê in ons jeug wat die sirkelgang moet breek. Ons onderwysers kan 'n groot verskil maak.
Kan ons regering dan nie ingryp en wetgewing inbring teen al die besoedeling nie? Daar is lande waar jy beboet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie