Een in Alexander Forbes-bedrogsaak op vlug
Een in Alexander Forbes-bedrogsaak op vlug

Een in Alexander Forbes-bedrogsaak op vlug

NAMPA
Een van die ses mense wat in 2007 in hegtenis geneem is nadat hulle na bewering bedrog van meer as N$3 miljoen teen die Alexander Forbes-pensioenfondsadministreerder gepleeg het, het nie vir die verhoor opgedaag nie.
Mnr. Jan Johannes Jansen (47) is sedert Maandag 5 Junie afwesig by die verhoor in die hoërhof in Windhoek voor regter Nate Ndauendapo.
Geen rede vir sy afwesigheid is aan die hof verskaf nie en sy prokureur, mnr. Titus Mbaeva, het hom sedertdien in die hande probeer kry - sonder enige sukses.
Jansen se vyf medebeskuldigdes dra ook geen kennis van waar hy homself bevind nie. As gevolg van Jansen se afwesigheid het die hof op 7 Junie 'n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik.
Die verhoor is intussen tot 17 Julie uitgestel sodat die polisieondersoekbeamptes Jansen kan vind en weer in hegtenis kan neem.
Die bedrag van N$10 000 vir sy borgtog sal aan die staatskas verbeur word en slegs heringestel word indien hy 'n geldige rede vir sy afwesigheid met sy inhegtenisname kan verskaf.
Die ander vyf beskuldigdes is me. Sharon Desiree Raman (44), mnr. Hendrick Francisco Davis (wie se ouderdom nie bekend is nie), mnr. Jeremia Metaatu (41), mnr. Iyambo Severen (35), en die 42-jarige me. Alta Norman Visser.
Aan die begin van die verhoor op 28 November 2011 het die beskuldigdes in 'n geskrewe pleitverduideliking enige betrokkenheid by die bedrog ontken en hulself heeltemal van die beweerde bedrogspul gedistansieer.
Die beskuldigdes staan tereg op nagenoeg 165 klagte van bedrog, sowel as verskeie alternatiewe klagte omdat hulle die maatskappy na bewering tussen 2005 en 2007 na raming van N$3,3 miljoen besteel het.
Hulle is vry op borgtog van tussen N$10 000 en N$25 000 elk, behalwe vir Visser, wie se borgtog N$5 000 beloop het.
Prokureurs Jan Wessels, Johan van Vuuren en Titus Mbaeva, sowel as adv. Werner Boesak tree namens die ­beskuldigdes op. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!