Een jaar ná Avihe: Afsluiting ontwyk
’n Jaar ná ’n negejarige meisie se opgekapte lykie gevind is, sukkel haar geliefdes steeds om haar grudood te verwerk.
Denver Kisting – Twee Windhoekse sielkundiges meen dit kan nog baie lank duur voor Cheryl Avihe Ujaha-Kaimu (9) se gesin afsluiting vind.
Dit was gister een jaar sedert haar erg vernielde lykie aan die einde van ’n doodloopstraat in Windoek gevind is.
Republikein het gister die verlate toneel in Friedrich Maharerostraat besoek waar ’n kruis vir haar opgerig is.
Dr. Shaun Whittaker het by navraag gesê: “Dit moet vir daardie familie op ’n emosionele vlak uiters moeilik wees.”
Die dood van ’n kind is in die algemeen vir ’n ouer moeilik, sê die terapeut.
“Hierdie was tragies en hulle het waarskynlik nog geen afsluiting nie, omdat hulle steeds nie weet wat met haar gebeur het nie. ’n Mens kan nie eens begin om te dink watter pyn hulle ervaar nie.”
Dr. Eunice Gonzo, ook ’n kliniese sielkundige, sê: “In die meeste gevalle soos die het ’n mens te doen met iemand wat met twee goed moet omgaan – enersyds die trauma en andersyds die rouproses.”
Sy gee vir Whittaker gelyk dat die dood van ’n kind vir ouers erg is omdat hulle verantwoordelik voel vir hul kinders se welstand.
“Hierdie mense moet ook nog omgaan met hoe die dood veroorsaak is en die media-aandag.”
Me. Jessica Kaimu, Avihe se ousus, het gister oor haar sussie gesê: “Ek bid dat ek jou lewe met tyd meer sal vier as wat ek oor jou dood rou. Hou aan om in vrede te rus, Avihe. Nana sal altyd vir jou lief wees.”
Avihe het twee dae voor haar opgekapte lykie ontdek is spoorloos van die gesin se huis in Katutura verdwyn.
Kaimu het haar suster se kort lewe gister in ’n roerende video herdenk.
Daarin beskryf sy haar as sterk, vol selfvertroue en ’n leier.
Naas hartseer moet haar ouers ook die skuldgevoelens verwerk “omdat jy nie jou kind beskerm het nie”, sê Whittaker.
Lede van haar gesin is waarskynlik ook kwaad vir die geweldenaar(s), sê hy.
“Dis ’n mengelmoes emosies wat moeilik is om te verwerk.”
Gonzo sê afsluiting hang af van ’n mens se ondersteuningstelsel en hoe sterk jy sielkundig is.
Tot dusver is niemand nog weens die grumoord in hegtenis geneem nie.
Kaimu het onlangs gesê hul gesin – veral sy en haar ma, me. Sylvia Kaimu, – kry baie swaar.
Avihe was ’n leerling aan Laerskool Gammams ten tyde van haar dood.
Van haar liggaamsdele is steeds soek.
Die gesin het twee weke ná haar opgekapte lykie gevind is emosioneel van haar afskeid geneem.
Die voorval het die land tot in sy fondamente geskud.
Adj.komm. Abner Agas, koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, het vroeër vandeesmaand gesê die polisieondersoek kon nog niks oplewer nie.
Volgens hom geld ’n beloning van N$110 000 steeds vir enigeen wat met inligting na vore kom wat tot die inhegtenisneming en vervolging van die geweldenaar(s) kan lei.
Die polisie het nog nie moed opgegee nie, sê Agas.
“Ons werk nog hard aan die saak en volg leidrade en alle inligting op.”
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie