Een ongelukslagoffer geïdentifiseer
Tanja Bause - Een van die oorledenes in die ongeluk tussen ’n sedanvoertuig en ’n nutsvoertuig, wat die lewe van ses mense Maandag tussen Windhoek en Okahandja geëis het, is geïdentifiseer.
Mnr. Dawid Welman was die Ohlthaver & List(O&L)-groep se risikobestuurder ten tyde van sy dood.
Mnr. Sven Thieme, uitvoerende voorsitter van O&L, het sy meegevoel met Welman se familie betuig en gesê: “Dawid sal erg gemis word. Mag sy nalatenskap ons voortdurend inspireer.”
Die Namibiese polisie het nog nie die name van die vyf ander ongelukslagoffers bekend gemaak nie.
Vier van die oorledenes het in die sedan verkool.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi het gesê die name van die oorledenes kan nog nie bekend gemaak kan word nie omdat DNS-toetse nog nie afgehandel is nie.
Die ongeluk het Maandag om 5:45 sowat 44 km buite Windhoek plaasgevind.
Die sedan, met vyf insittendes, het ná die trompop botsing aan die brand geslaan.
Welman was alleen in sy nutsvoertuig en het ook op die toneel gesterf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie