Een RDP, twee lyste
Binnegevegte het die party op die vooraand van die verkiesing in chaos gedompel.
Catherine Sasman – Die groep wat die nasionale konvensie van die Rally for Democracy and Progress (RDP) van 11 tot 13 Oktober in Otjiwarongo herbelê het, sê hy gaan die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) voor die hof daag omdat hy op 11 Oktober ’n ander groep se lys kandidate aanvaar het.
Mnr. Asser Sheuyange, wat by die byeenkoms op Otjiwarongo tot sekretaris-generaal verkies is, sê die ECN het ’n “ernstige fout begaan om ’n bedrieglike lys van die Nasionale Vergadering en die naam van die presidensiële kandidaat in die naam van die RDP te aanvaar”.
Sheuyange was aan die woord buite die RDP se hoofkantoor, ná hy toegang tot die gebou geweier is om ’n nuuskonferensie te hou.
Hy sê die “wettige lys” kandidate is verkeerdelik “verwerp”.
“Die party het geen ander keuse nie as om die saak in ’n bevoegde hof verder te vat nie,” het Sheuyange gesê. Volgens hom moet die ECN die “bedrieglike kandidate onttrek en die wettige kandidate aanvaar wat deur die RDP se direkteur van verkiesings, mnr. John Nghishekwa, voorgelê is”.
Mnr. Mike Kavekotora, wat vroeër vandeesmaand by die party se omstrede kieskollege op Rundu tot die RDP se presidensiële kandidaat verkies is, het aan die ECN geskryf Nghishekwa het bedank as die party se direkteur van verkiesings en is deur me. Brunhilde Cornelius vervang.
Volgens Sheyange is dít “onakkuraat en vals”.
Sheuyange sê die party gaan nie in twee skeur nie, ondanks die feit dat hy verskillende kandidatelyste vir die verkiesing het.
“Ons het een grondwet, ons is een party,” het hy beklemtoon.
Sheuyange sê die vergadering op Otjiwarongo het die besluite wat geneem is by die Junie-konvensie om verskeie redes nietig verklaar.
Volgens die vergadering op Otjiwarongo voldoen Kavekotora en Cornelius se verkiesing nie aan die RDP-grondwet nie.
Op dié byeenkoms is ook gestel beide Kavekotora en Kennedy Shekupakela (vir die posisie van visepresident) het nie die vereiste 50% plus 1% van die stemme op hulle verenig nie.
Die Otjiwarongo-konvensie het ’n lys van 53 kandidate vir die komende nasionale verkiesings bekend gemaak, wat mnr. Kandy Nehova as presidensiële kandidaat, mnr. Tjinezuma Kavari (visepresident), me. Phyllicia Hercules (nasionale voorsitter), mnr. Iyaloo Werner (adjunkvoorsitter), Sheuyange (sekretaris-generaal) en mnr. Desmond Nauseb (adjunk-sekretaris-generaal) in topposisies insluit.
Sheuyange sê alle vergaderings wat ná die nasionale konvensie in Junie gehou is, is onwettig omdat dit nie deur ’n sentrale komitee toegelaat is, wat in daardie stadium nie bestaan het nie.
By die byeenkoms wat herbelê is, is onder meer besluit om ’n RDP-rekening vir die party se verkiesingsveldtog by FNB Namibia te open en aansoek is vir die vervanging van ondertekenaars van die party se huidige Bank Windhoek-rekening gedoen.
Regsadvies is ook ingewin om die politieke krisis in die party te help oplos.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie