Een stem, ’n kitaar en baie Stone-emosie

Lloyd Zandberg
Die Warehouse-teater is dié plek vir kultuur, vermaaklikheid, yskoue bier en pizza in Windhoek. Hierdie gewilde landmerk het onlangs sy 5de verjaardag gevier sedert dit onder Mike Ott en Conny Pimenta se bestuur is.

Die teater het dié half dekade as platform vir verskeie plaaslike kunstenaars gedien en vir ander die kans gebied om hulle passies ten volle uit te leef. "Ons is trots op wat ons die afgelope paar jaar vermag het," sê Pimenta.

Die Warehouse-teater het verlede week nog ’n mylpaal van 'n ander soort bereik toe Joss Stone tydens haar wêreldtoer dar opgetree het.

Vir Ott is dit sy droom dat die teater nie net plaaslike talent lok nie, maar ook internasionale kunsternaars se aandag trek. Die 30-jarige Stone het Ott se droom laat waar word toe sy haar verskyning op 30 November in die Warehouse-teater gemaak het. Die opwinding was groot en die atmosfeer voelbaar. As deel van Stone se konsert, het twee plaaslike kunstenaars die geleentheid gehad om ook die aand op te tree.

Suzy Eises (27), 'n gebore Kapenaar, was eerste aan die beurt en het die aand met 'n saksofoon-weergawe van die gewilde liedjie Despascito afgeskop. Die gehoor het groot aanlank by haar gevind. Eises het gesê dit is vir haar ‘n eer om op 'n verhoog te staan waarop Stone gaan sing.

Sean K, plaaslike sanger en wenner van die FNCC se "Fly met to France"-kompetisie, het ook sy kans gehad om die gehoor met sy dinamiese stem te bekoor. Sean het tydens sy optrede die goeie nuus gedeel dat sy debuutalbum binnekort bekend gestel gaan word. Hy het van die nuwe treffers gesing en die gehoor was baie beïndruk met sy vars stem. Vir hom was dit ewe oorweldigend om vir Stone te ontmoet. “Sy het my as seuntjie al geïnspireer en ek wou baie graag soos sy sing. Dit is vir my baie onwerklik. Dit voel soos 'n droom," het Sean gesê.

Om 21:30 het die Britse sangeres, sonder skoene, in ‘n swart rok op die verhoog verskyn.

Dit was vir baie mense 'n groot oomblik. Sy het in die middel van die verhoog gaan staan en met haar rasperstem die gehoor ingetrek.

Weens finansiële beperkinge, kon Joss net haar kitaarspeler saam bring en nie haar volledige orkes nie.

Stone het met ’n treffer van haar nuwe album, Water For Your Soul, begin.

Wat Stone behoorlik regkry, is om te alle tye die gehoor se aandag te behou. Daar is iets in haar stem wat jou forseer om na haar te luister. Stone het hoofsaaklik liedjies van haar nuwe album gesing, maar tog die gehoor met van haar ouer treffers vermaak.

Stone het in die middel van haar konsert die gehoor gevra om saam met haar te sing. Sy het instruksies gegee en die gehoor het geesdriftig gevolg. Dit was ‘n oorvloed aan emosie toe almal saam met Joss in harmonie saam gesing het. Stone se liefde vir musiek is so oorweldigend dat sy selfs ‘n liedjie oor haar verhouding met musiek geskryf het.

Bykans 350 mense het die vertoning bygewoon en Stone het die verhoog met hierdie boodskap verlaat: “Almal moet mekaar net liefhê. Ons moet nie haat nie. Dit is so eenvoudig soos dit. Dankie Namibië, julle was fantasties.”

Hou die Warehouse-teater se Facebook-blad dop vir inligting oor toekomstige vertonings.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!