Een sterfte, 1 334 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met een tot 3 583. Gister is 1 334 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 25,1%. Die meeste gevalle en wel 670 is in Windhoek aangeteken. Die nuwe gevalle sluit 65 leerlinge, 12 onderwysers, 15 studente en 27 gesondheidswerkers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 9 437 waarvan 198 in die hospitaal en 16 in ICU is. Tot op hede het 397 150 mense 'n eerste dosis entstof gekry, terwyl 335 289 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 92%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie