Een sterfte, 12 leerlinge, een gesondheidswerker toets positief
Een sterfte, 12 leerlinge, een gesondheidswerker toets positief

Een sterfte, 12 leerlinge, een gesondheidswerker toets positief

Henriette Lamprecht
'n Man van die Oshakati-distrik (81) met veelvuldige onderliggende mediese toestande is Namibië se 145ste Covid-19-verwante sterfte. Uit vandag se 32 nuwe gevalle is 12 leerlinge uit verskillende distrikte en ook 'n gesondheidswerker van Otjiwarongo. Almal is kontakte van bevestigde gevalle. Uit die 32 nuwe gevalle is 22 vroue en 10 mans. Die ouderdomme wissel van tien tot 86-jaar.

Uit die nuwe gevalle is 14 in Windhoek, vyf in Walvisbaai, een in Omaruru, vyf in Rehoboth, twee in Otjiwarongo, een in Okakarara, twee in Gobabis en een elk in onderskeidelik Tsumeb en Oshakati aangeteken.

Nog 16 mense het herstel en wel 12 in Hardap, drie in Erongo en een in Omaheke. Die aktiewe gevalle staan tans op 516 waarvan sewe in 'n baie ernstige of kritieke toestand is. Dit sluit twee baie ernstige en vier kritieke gevalle in Khomas en een kritieke geval in Erongo in.

Tot op hede is 148 562 weefselmonsters getoets, 2 866 kontakte word gemonitor en 507 mense is in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!