Een sterfte, 179 nuwe gevalle
Een sterfte, 179 nuwe gevalle

Een sterfte, 179 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met een tot 3 575, terwyl 179 nuwe gevalle gister in tien van die land se 14 streke aangeteken is. Dit dui op 'n positiewe koers van 9,8%, met die meeste gevalle (120) wat in Windhoek aangeteken is. Die nuwe gevalle sluit 13 leerlinge, 13 gesondheidswerkers, sewe studente en vier onderwysers in. Die aktiewe gevalle staan op 1 034 waarvan 39 in die hospitaal en drie in die ICU is. Tot op hede het 380 209 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 320 906 ten volle ingeënt is. Tot op hede het 72 kinders in die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar 'n eerste dosis Pfizer ontvang, terwyl 201 mense 'n bykomende primêre dosis gekry het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!