Een sterfte, 540 nuwe gevalle
Die Covid-sterftesyfer styg met een tot 3 580. Gister is 540 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 24,8%. Dit sluit 38 leerlinge, 31 gesondheidswerkers, 11 studente en sewe onderwysers in. Die aktiewe gevalle staan tans op 4 913 waarvan 152 in die hospitaal en 13 in die ICU is. Tot op hede het 392 499 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 330 598 ten volle ingeënt is. In die ouderdomsgroep 12 tot 17 jaar is 608 entstowwe toegedien, terwyl 887 'n derde dosis Sinopharm ontvang het. Die herstelkoers staan op 93,7%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie