Eendag
Hierdie ouderdomding is nie meer snaaks nie.
Glad nie.
Dis nie oor die getal wat al hoe vinniger opskuif nie. Dis oor alles wat afskuif. En ingee. Soos oorgee.
Ek lyk en voel soos ‘n mank Sharpei, kla ek in Buks in verre Guinee se kuberore.
Dis hoekom ek heeltyd met opgetrekte skouers loop, laat weet hy. Dan lyk die hele spul beter.
Ek lag nie. Is steeds krapperig oor hom wat met banting 21 kilogram in drie maande verloor het. Nes drie ander manspelle ook gedoen het. Ek het 21 opgetel. Banting werk net vir mans. Maar dit daar gelaat.
My binnegoed is seer.
Ek het presies dit geword wat ek nooit wou nie.
Vyftig in suburbia. My drome platgedruk tussen die bokse in die garage. Onder dieselfde stofmantel as dié van die naaimasjien met die af-naald, die kysbriewe en skoolkiekies, die varsity-hippieklere, dramafoto’s te vol blink oë, stukkende rekenaar, stofsuier met die duct tape-pyp, rolle materiaal lankal vervaag in skakerings van grys, droewige mop, kinderkunswerk, kinderboekies, ou speelgoed wat eendag weggee sal word, tasse vol vergeet, als gehou vir eendag. Eendag. Eendag wat?

Miskien moet ek gesond begin eet. ‘n Vegan word.
Miskien moet ek meer lag, meer met die bure probeer gaaf wees. Oornooi.
Of dalk begin draf.
Miskien moet ek ‘n ander werk kry, dalk nog ‘n werk kry. Moet ek nie liewer in ‘n kleiner plek intrek nie, of ‘n groter een, met ‘n kleiner garage? Dan sal ek van eendag moet ontslae raak. Nee, nie nou al nie.
Ek is vet. Onfiks. Slaap te min. Lees te min. Kyk te veel DVD’s. Luister te min musiek. Miskien moet ek ‘n karradio insit. Nee, hulle sal dit net weer steel.
Hoekom kry ek nie nog ‘n kat nie? Liewers hase. Hulle raas nie. Nee wag, ek hou nie van troeteldiere nie. Hulle loop weg, gaan dood, breek jou hart. Laat alle troeteldiere vry.
Vry. Ek vry lankal nie meer nie. Ek onthou die laaste keer. Dit was in 1998. Op ‘n Vrydagaand.
Miskien moet ek weer internet-dating probeer. Nee. Net ‘n klomp perverts wat daar rondsluip. Miskien moet ek vir my ‘n boer kry in die Landbouweekblad. Of hier in Namibië. Of Rusland. Of ‘n wynboer. Of ‘n duikinstrukteur. Miskien ‘n veldgids. Liewer nie. Dis alles te veel admin, die hele pakket.
Ek moet ‘n huishulp kry. My plek voel afgeskeep. Nee. Sy sal net omkrap. Goed skuif. Op plekke sit waar goed ongemaklik voel en mekaar nooit weer kry nie.
Ek is honger. Miskien moet ek ‘n wortel kou. ‘n Glas water drink. Of ‘n pot pasta maak. Wyn skink.
Ek word grys. Ek word oud. Ouer. Ek het presies dit geword.
Wat ek nooit wou nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie