Eenhana streef na bekostigbare behuising
Kenya Kambowe – Die Eenhana-dorpsraad maak positiewe vordering met die diens van grond ten spyte van beperkte fondse om bekostigbare behuising aan inwoners te verskaf.
Eenhana is een van die vier finaliste in die 2018 Namibië Dorp van die Jaar-kompetisie.
Tydens ’n onderhoud het die uitvoerende hoof van die dorpsraad, mnr. Walde Ndevashiya, gesê hulle is toegewy aan dienslewering en om die dorp te ontwikkel sodat dit met die regering se nasionale ontwikkelingsdoelwitte en -beleid strook.
Ndevashiya het gesê sedert die raad met openbare private vennootskappe (PPP's) begin het, het die tempo gestyg waarteen huise gebou word en honderde mense is nou huiseienaars.
“’n Huis kos tussen N$200 000 en N$300 000 vir die lae-inkomstegroep. ’n Standaardhuis op die dorp begin by N$400 000,” het hy gesê.
“Ons werk nou saam met die ontwikkelaars om die behuisingstekort aan te spreek. As dorpsraad maak ons seker ons inwoners kry bekostigbare behuising volgens hul inkomste,” het hy gesê.
Ndevashiya het voorts gesê die raad diens grond vir middelinkomste-inwoners op Ekolola wat aan die Noordekant van Eenhana geleë is.
Sowat 400 erwe is reeds gediens, maar weens beperkte fondse is kragtoevoer nog nie aangesluit nie.
Hy het egter daarop gewys dat vordering op hierdie gebied gemaak is sodat mense wat aansoek gedoen het vir erwe toegang tot elektrisiteit verkry.
“Ons het 400 erwe gediens. Die paaie, rioolstelsel en ’n waterpompstasie is reeds gebou. Dit is net elektrisiteit wat nog kort,” het hy gesê.
Die Dorp van die Jaar-span sal môre op Eenhana besoek aflê. Inwoners is welkom om te groet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie